AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Koop gehaltediesel of betaal die prys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Boer wat sy diesel in groot maat koop, moet besin oor die gehalte daarvan, anders kan hy groot skade ly. FOTO: IDA-FARMWIRE.NET
’n Boer wat sy diesel in groot maat koop, moet besin oor die gehalte daarvan, anders kan hy groot skade ly. FOTO: IDA-FARMWIRE.NET
Vir baie boere is brandstof een van die grootste pro¬duksiemiddele in hul boerdery en die koste daarvan kan hul¬le laat wakker lê. Om R2 per liter op grootmaataankope te bespaar, kan dus baie aanloklik klink. Die gesegde van “goed¬koop is duurkoop”, is egter hier van toepassing.

Hoewel basisdiesel groot­liks dieselfde is, kan dit wat die verskaffer daarmee doen, die gehalte daarvan beïn­vloed. Die boer moet hom­self daarom afvra waarom een verskaffer se diesel heelwat minder per liter kos as ’n an­der een s’n.

Hy moet ook vra: Hoe skoon is die diesel wat hy koop? Om brandstof te koop wat goed­koper gemaak is deur byvoor­beeld paraffien by te gooi, gaan hom op die lange duur baie duur te staan kom.

Die probleem met paraffien

Is dit egter so eenvoudig vir oneerbare verskaffers om hul winste te rek deur paraffien by diesel te gooi, en sal die voer­tuig daarmee werk?

“Die rede waarom diesel met paraffien verdun word, is omdat paraffien goedkoper as diesel is en die verkoper sy winsmarge só kan verhoog,” sê mnr. John Evans, bestuur­der van diagnostika by Wear­Check, ’n monitormaatskappy wat onder meer vloeistofontle­dingsdienste bied.

Die prysverskil tussen diesel en paraffien is R6,55 per liter omdat daar nie belasting op pa­raffien gehef word nie. Indien ’n verskaffer sy diesel met 20- 25% paraffien verdun, maak hy gevolglik sy diesel R1,65 per liter goedkoper.

“Chemies en fisies is paraf­fien baie soortgelyk aan diesel. Jy kan ’n enjin daarmee aan­dryf, met min of geen impak op die werkverrigting op kort termyn.

“Op lang termyn sal paraf­fien egter die viskositeit van diesel verminder en die slyta­sie op die brandstofstelsel se komponente, soos pompe en inspuiters, verhoog.” 

Nog ’n impak wat paraf­fien-besoedelde diesel het, is op brandstofverbruik.

Evans verduidelik: “Paraf­fien verlaag die digtheid van die brandstof, dus kry jy min­der uit vir jou rand. Dit is om­dat jy ’n groter volume diesel nodig het om dieselfde kilo­watt uit die enjin te kry.”

Paraffien kan ook die setaan-indeks verlaag. Die setaannommer verwys na die tydsverloop tussen inspuiting en ontbranding. Hoe hoër die setaanindeks is, hoe vinniger sal die brandstof verbrand en hoe doeltreffender sal verbran­ding plaasvind. Brandstof met ’n lae setaanindeks kan ver­oorsaak dat die enjin sukkel om te ontsluit, oneweredig loop en meer skadelike uitlaat­gasse vrystel.

Bespaar geld

Mnr. Marius Brelage, mede-eienaar van FPS Bulk Diesel, ’n gevestigde grootmaatverskaf­fer met meer as 1 000 boere as kliënte, beaam die noodsaaklikheid van diesel se gehalte. Hy maan boere moet nie net in die prys vaskyk nie.

“Gehaltediesel gaan dalk duurder wees, maar met beter brandstof gaan jou trek­ker langer hou, mits jy dit ook goed oppas.”  

Brelage verwys ook na brandstofverbruik as ’n rede om gehalte bo prys te stel. Dit wat ’n boer op goedkoper, paraffien-verdunde diesel be­spaar, gaan hy weer aan sy die­selverbruik verloor.

Gehalte is vir FPS Bulk Diesel ook die hoofoorweging wan­neer die maatskappy diesel koop. Daarom pas FPS streng beheer toe oor by wie gekoop word.

“Ons koop nie vir die beste prys by elke tweede ou nie, want jy weet nie wat jy koop nie. FPS koop 80% van sy pro­duk by ’n bekende groot han­delsmerk wat aan ons ’n pre­miediesel verskaf. Dit beteken daar is ’n bymiddel bygevoeg wat beter brandstofverbruik gee en die enjin skoner hou. Die ander 20% koop ons by ’n verskaffer wat ons op bystand hou as ons hoofverskaffer nie produk be­skikbaar het nie.”

Wat boere kan doen

Alle diesel wat in Suid-Afrika verkoop word, moet aan die SANS 342:2016-spesifikasies voldoen. Dit is die spesifi­kasies ingevolge die Suid-Afri­kaanse nasionale standaard wat deur die SABS goedge­keur is.

Evans stel daarom voor dat boere gereeld hul dieselvoor­raad toets om te verseker dit voldoen daaraan.

Boere moet onthou dat dit onwettig is om paraffien by diesel te voeg, want dit is be­lastingontduiking. Diegene wat sulke diesel koop, kan ook aanspreeklik gehou word.

Brelage sê ook boere moet die diesel wat hulle aankoop, gereeld toets. “’n Boer moet homself oplei oor die parameters waartussen diesel op sekere eienskappe moet val, en weet wat ’n goeie syfer is vir byvoorbeeld viskosi­teit, digtheid en setaanindeks.”

Brelage stel verder voor boere vergelyk die brandstofverbruik en diesels met mekaar. 

Navrae:
FPS Bulk Diesel, 017 735 2927, mnre. Herman Brelage, 083 460 8572, of Marius Brelage, 082 524 1855

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.49
+0.4%
Rand - Pond
21.50
-0.0%
Rand - Euro
18.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.91
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,797.63
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,904.47
-2.1%
Platinum
1,020.75
-2.3%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese pa en man wat jou lewe wil opkikker
Ek is betroubaar met 'n oop uitgaande persoonlikheid, hiu van die buite lewe en natuur met die see sand onder my voete
Kom ons vat n kans
Ek is mense mens, my kind en familie en vriende is my alles, kwaliteit tyd saam n mens se geliefdes is kosbaar.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot