AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Nuwe bees-inisiatief verskuif grense vir die Oos-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Roelie van Reenen, hoof- uitvoerende verskaffingskettingbestuurder van die Beefmaster-groep, Thaba Mandana, die projekbestuurder van die Transkei Feed Kraal, en talle ander belanghebbendes vier die vordering van die Transkei Feed Kraal in Centane. Foto: Verskaf
Roelie van Reenen, hoof- uitvoerende verskaffingskettingbestuurder van die Beefmaster-groep, Thaba Mandana, die projekbestuurder van die Transkei Feed Kraal, en talle ander belanghebbendes vier die vordering van die Transkei Feed Kraal in Centane. Foto: Verskaf
’n Nuwe vee-inisiatief, wat ’n formele mark bied om beeste te koop en verkoop, bied nuwe geleenthede vir gemeenskappe in die Oos-Kaap.

’n Nuwe vee-inisiatief, wat ’n formele mark bied om beeste te koop en verkoop, bied nuwe geleenthede vir gemeenskappe in die Oos-Kaap.

Die Transkei Feed Kraal is die eerste onderneming in sy soort in die Oos-Kaap. Dit sal die gemeenskappe in en om Centane, wat sukkel met lewensvatbare toegang tot die mark vir hul produkte, regstreeks bevoordeel. 

Die Transkei Feed Kraal is ’n projek onder leiding van die Beefmaster-groep, ’n toonaangewende spesialisverskaffer van beesvleisprodukte aan Suid-Afrikaanse en wêreldmarkte. Die ander vennote is me. Gloria Serobe, wat ’n uitstekende reputasie as leier in die Suid-Afrikaanse sakewêreld en veral in die landbou verdien het as die stigter van die beleggingsmaatskappy Wiphold, en die tradisionele leiers van Centane. Nedbank het ’n belangrike rol gespeel in die finansiering van die projek.

Die projek word gesamentlik besit deur die KwaDrabo-trust (’n trust gestig deur Serobe) en Lingelihle a Coop, gestig deur die tradisionele leiers van Centane. 

“Die doel van die Transkei Feed Kraal is om te verseker dat die gemeenskap, bestaande uit die tradisionele rade van Centane, daarby baat vind. Dit het ook ten doel om die lewe van veeboere – nie net in Centane, maar ook in Mnquma en die hele distrik Amathole – te verbeter. Dit sal die mense in die omgewing in staat stel om baat te vind by die volhoubare handel in beeste,” sê Serobe. 

Mnr. Tabo Magandane, ’n boorling van Centane, is die bestuurder van die Transkei Feed Kraal, wat gevestig is in KwaHolela in Centane, op die plaas van wyle koning Xolilizwe. Magandane is in die laaste fase van sy opstel vir sy PhD-proefskrif oor diereproduksiebestuur aan die Universiteit van Pretoria.

’n Aanvanklike belegging van R6 miljoen het die bou van die voerkraal moontlik gemaak. Gedurende die boufase is 30 plaaslike mense in diens geneem. Vyf permanente werksgeleenthede sal geskep word om te help met die voer en versorging van die beeste sodra hulle ingebring word.

Die Transkei Feed Kraal is onlangs amptelik geopen vir handel. Mnr. Roelie van Reenen, hoof- uitvoerende verskaffingskettingbestuurder van die Beefmaster-groep, het by die bekendstelling van die voerkraal gesê dat hulle baie opgewonde is om deel te wees van die projek en hulp sal verleen aan die kommersiële kant. 

“Dit is een van die eerste ondernemings in sy soort, wat ons glo ’n groot sukses sal wees. Ons is bly dat dit nou uiteindelik oop is ná vertragings weens covid-19 en die uitbreking van bek-en-klouseer. Ons hoop dat hierdie projek die prototipe sal wees waarop meer sulke ondernemings geskoei sal word en waarby gemeenskappe kan baat vind.”

Hy het bygevoeg dat Centane, buite Butterworth, vir dié projek gekies is omdat die Oos-Kaap “die meeste beeste in die land” het, en dat die meeste van hierdie beeste in die hande van die kommunale boer is. 

“Tog sukkel baie van hierdie boere met toegang tot die mark en lewensvatbare roetes vir hul produkte. Die meer formele struktuur takel en los ook baie probleme op wat met informele handel in beeste gepaard gaan, insluitende veilige transaksies, asook ’n fisieke ruimte waar boere kan bymekaarkom en beeste koop en verkoop.”

Die Beefmaster-groep het die tegniese kundigheid vir die projek verskaf en sal ook ’n mentor bied om te help met die oordra van kennis en die toepassing van beste praktyke by die Transkei Feed Kraal.

Navrae:
Boere in die Oos-Kaap wat meer wil weet oor hoe hulle hul vee by die Transkei Feed Kraal kan verhandel, kan Thabo Magandana by 083 728 9286 bel.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-0.7%
Rand - Pond
20.48
+0.8%
Rand - Euro
17.30
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,793.03
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Passievol om n Roman te skryf😉WHITE'S ONLY
WHITES ONLY Eks passievol vir die lewe, diere en mense. Ek glo in dra die Vrugte vd Gees elke dag, om te lag en mense gelukkig te sien. Eks eerlik en opreg! Wanneer ek liefhet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot