AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Omnia belê in landbou met navorsing

akkreditasie
Grond huisves ‘n geweldige komplekse ekosisteem en is die hoeksteen van winsgewende, produktiewe en volhoubare landbou.

’n Eetlepel gesonde grond bevat meer mikro-organismes as die aantal mense op aarde. Miljarde organismes – bakterieë, mikroskopiese insekte, myte, swamme ens. – verteenwoordig die grootste konsentrasie biomassa op die planeet.

By OmniBio® se afdeling vir navorsing en ontwikkeling fokus hulle daagliks daarop om hierdie komplekse ekosisteem nóg beter te verstaan. Nadat Omnia reeds 15 jaar lank navorsing hieroor gedoen het, het hulle ’n baie goeie begrip oor die kritieke balans tussen die biologiese, fisieke en chemiese aspekte hiervan.

Nietemin is heelwat navorsing oor grondgesondheid nog nodig om die invloed daarvan op plantegroei en opbrengste te verstaan. Omnia se navorsingsprogramme word daarom voortdurend uitgebrei om die produktiwiteit van bewerkbare grond deur nuwe tegnologie te verbeter.

Hierdie navorsing dra ook daartoe by dat produsente se grond op ’n volhoubare wyse bestuur word. Dit sluit ’n groot fokus op die effektiewe verbruik van water en voedingstowwe in om sodoende natuurlike hulpbronne te beskerm.

Wêreldklassamewerking

Omnia se samewerking met internasionale universiteite soos die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Universiteit van Edinburg gee die maatskappy toegang tot gesofistikeerde laboratoriums waar wêreldleiers navorsing doen in gespesialiseerde velde soos metabolomika.

Omnia werk onder meer nou saam met dr. Fidel Tugizimana van UJ. As wêreldbekende kundige in die veld van metabolomika, fokus sy studies op plantmetabolisme op ’n sellulêre en molekulêre vlak.

Dít verbeter voortdurend die begrip van hoe plante voedingstowwe metaboliseer, wat Omnia in staat stel om spesialiteitsprodukte te ontwikkel om plantegroei en weerstand teen stremmingstoestande te verhoog. 

Metabolomika en biologiese produkte

Klimaatsverandering en die veranderende eise wat aan produsente gestel word, maak die jongste landbouprogramme onontbeerlik om boere te help om kwessies soos droogte, buitengewone temperature, dalende grondvrugbaarheid en ander stremmingstoestande te hanteer. 

Mikrobes is komplekse, lewende organismes wat op ’n spesifieke tyd en teen spesifieke hoeveelhede toegedien moet word om effektief te wees. Omnia se biologiese Bacstim®-reeks is saamgestel uit stamme van die Bacillus Spp-bakterie wat verskeie voordele vir grondgesondheid en weerstand teen stremmingstoestande toon.

Die begrip van hierdie mikrobes se impak op plantmetabolisme, lei tot die ontwikkeling van programme wat presiese, konsekwente resultate lewer. Hieruit spruit meer volhoubare, doelgerigte, holistiese en winsgewende boerderypraktyke voort omdat die risiko van stremming op die plant voortdurend meer effektief bestuur kan word.

Die wetenskaplike inligting wat Omnia uit hul navorsing bekom, help die maatskappy om die ideale toediening vir mikrobes te bepaal om optimale droogteweerstand, voedingsopname en hoër opbrengste te verseker. Meer inligting rus hul dus toe om besluite te neem wat die hele voedselwaardeketting raak. 

’n Belegging in die toekoms

Omnia belê voortdurend in die ontwikkeling van volhoubare nuwe benaderings en tegnologie vir gewasproduksie.

Hul biologiese produkte en benaderings is gegrond op akademies ondersteunde, eweknie-beoordeelde wetenskaplike beginsels om te verseker dat hul kliënte hulle kan vertrou. Hierdie werk is nie net ’n belegging in die Suid-Afrikaanse landbou nie, maar die insigte wat dit bied, dra wêreldwyd by tot vooruitgang in hierdie lewensbelangrike industrie.

Omnia se doelwit is dat boerderygrond ná ’n oes in ’n beter toestand sal wees as voorheen. Só help die kennis wat hulle uit navorsing bekom ook om die omgewing te beskerm en ’n beter wêreld vir nageslagte agter te laat.

Kontak die Omnia-verkoopsbestuurder in jou omgewing vir meer inligting. 

Dr. Margaretha Brand is Hoof: Navorsing en Ontwikkeling van OmniBio® by Omnia Nutrilogie®.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.31
+0.9%
Rand - Pond
21.15
+0.6%
Rand - Euro
18.20
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,777.25
+0.5%
Silwer
22.43
+0.8%
Palladium
1,879.00
+0.1%
Platinum
997.50
-0.3%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,537
-0.0%
Alle aandele
74,654
-0.1%
Hulpbronne 10
74,289
-0.7%
Industriële 25
91,444
-0.1%
Finansiële 15
15,747
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot