AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8673
1,00
CORN
08 Aug
-
3997,4
26,40
SOYA
08 Aug
-
8780
60,00
SUNS
08 Aug
-
10300
-6,00
WEAT
08 Aug
-
6807
-79,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
-25,00
YMAZ
08 Aug
-
4204
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Oudste kudde lewer jaarliks topdiere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
By Huntersvlei Sussex word streng geselekteer vir vrugbaarheid, melkproduksie en ’n goeie speenkalfgewig.
By Huntersvlei Sussex word streng geselekteer vir vrugbaarheid, melkproduksie en ’n goeie speenkalfgewig.
’n Stoetery gevul met bloedlyne wat gereeld kampioene oplewer, maak Huntersvlei Sussex se veiling een van die gewildstes in Suid-Afrika.

Die Huntersvlei-Sussex-kudde is met rede een van die bekendstes in Suid-Afrika. Nie net is dit die oudste geregistreerde Sussex-kudde in Suid-Afrika nie, maar die stoetery het al ’n reeks gouebekerwenners op die Randse Skou, Vryburg-skou en Royal-skou opgelewer. Met vanjaar se Royal-skou het die raskampioene van albei geslagte uit dié stoetery gekom.

Die Huntersvlei-bul wat as raskampioen aangewys is, kom uit ’n bloedlyn wat gesamentlik ses goue bekers in vier geslagte gelewer het. Voeg hierby die feit dat Huntersvlei die afgelope twee jaar die hoogste gemiddelde prys vir bulle behaal het van alle Sussex-produksieveilings en dis te verstane waarom sy veiling jaarliks groot aandag trek.

Vanjaar se veiling begin Augustus beloof om weer ’n hoogtepunt te wees, met 30 twee jaar oue Sussex-bulle wat te koop gaan wees.

“Ons kudde is byna volledig ge-genotipeer, insluitend al die bulle wat aangebied word,” sê mnr. Enrico Cronjé, plaasbestuur van Huntersvlei.

Genomika word hoofsaaklik gebruik om verwantskappe en gewenste gene te identifiseer om teelbesluite akkuraat uit te voer en ongewenste eienskappe, soos dubbelbespiering, uit te skakel.

Die Huntersvlei-kudde is 50% poenskop en 50% horing. Die poenskopgene kom van semen wat in 2008 en 2011 vanaf Engeland ingevoer is. Die poenskopgene word met genomiese toetse bevestig om geenvaslegging te verseker en teelbesluite te rig.

Gevestigde kudde

Die Huntersvlei-stoetery bestaan al 77 jaar, nadat dit in 1945 deur mnr. Rhys Evans geregistreer is. Die eerste 12 fondasiekoeie is by sy broer mnr. Bruce Evans gekoop wat op daardie stadium die Shackleton Sussex-stoetery op die buurplaas bedryf het. Enkele ander koeie is by die uitverkoping van die Smartt Sydicate-kudde in Britstown gekoop en die koeikudde is daarna geslote gehou. Daar sal by tye bulle of semen ingekoop word om nuwe teelmateriaal te beproef, maar koeie slegs as ’n besondere koei te koop aangebied word.

Die maatskappy en stoetery is in 1971 deur Rhys se seun, Anthony, oorgeneem wat dit uitgebou het tot wat dit vandag is. Ná Anthony se afsterwe in 2016 het sy kinders die besigheid oorgeneem en is dit nou onder leiding van sy dogter, me. Claire Evans-Anderson. Benewens die Sussex-stoetery, bestaan Huntersvlei-boerdery ook uit ’n kommersiële Sussex-kudde, ’n abattoir en saaiboerdery.

Viljoenskroon, waar die plaas Huntersvlei van 2 000 ha geleë is, is ’n hoëproduksie-area waar hoofsaaklik mielies verbou word. Weidings bestaan uit smutsvinger- en rhodesgras. Onder hierdie omstandighede moet met ’n ras geboer word wat hierdie oorvloedige voedingsbronne optimaal benut en die Sussex is perfek daarvoor.

“Die Sussex het ’n ongeëwenaarde temperament, uitstekende voeromsetting en groei. Die ras pas ook goed aan in ons area,” sê Cronjé.

Volgens hom is daar verskeie ekonomiese faktore wat die Sussex vir hulle die moeite werd maak. Goeie speengewigte en langlewendheid is twee daarvan – die plaas se oudste koei is 17 jaar oud. Die stoet se klem is die teel van hoëgehalte-bulle en op ’n kommersiële gebied gaan dit vir hulle oor die produksie van swaar speenkalwers. In die kommersiële kudde is die gemiddelde gewig op sewe maande van bulletjies 277 kg en van verse 242 kg.

Seleksie en Teelbeleid

Op Huntersvlei word geselekteer vir vroulike diere wat goeie moeders is en elke jaar ’n speenkalf van 240 kg of meer speen met ’n tussenkalfperiode (TKP) van minder as 390 dae. Die kudde se besettingsyfer is 94%. Wanneer ’n koei in die stoetery oorslaan, word sy na die kommersiële kudde geskuif. Indien sy daar weer oorslaan, word sy geslag.

“Ons verwag ook ’n koei moet goed aangepas wees en haar kondisie behou, sonder enige klou- of ander strukturele probleme,” sê Cronjé.

Huntersvlei se verse en koeie word vanaf 1 September tot 30 Desember gedek om van Julie tot Augustus te kalf. Cronjé sê hulle het min probleme tydens kalftyd. “Ons kalwers weeg gemiddeld 5,5% van die moeder se gewig en dit verseker maklike geboortes.”

Deur streng te selekteer vir langlewendheid, vrugbaarheid en melkproduksie sorg hulle dat bulle gebore uit hierdie moeders dieselfde eienskappe sal oordra.

Wat manlike diere betref, selekteer hulle vir viriele bulle met ’n goeie stapvermoë, ’n sterk beenstruktuur en goeie bespiering.

By Huntersvlei Sussex glo hulle in die verbetering van hul kudde soveel as in dié van hul kliënte se kuddes. Dít saam met topteelmateriaal wat jaarliks aangebied word, maak hul veiling ’n belangrike datum op die Sussex-kalender. Die Huntersvlei-veiling word op 3 Augustus om 11:00 op Huntersvlei aangebied en sal ook aanlyn plaasvind.

Huntersvlei logo
Huntersvlei Sussex spog met viriele bulle met ’n goeie stapvermoë, ’n sterk beenstruktuur en goeie bespiering.
Die Huntersvlei-Sussex-kudde is een van die oudste en bekendste kuddes in die land.
Huntersvlei se Sussex-kudde het deur die jare ’n reeks kampioene opgelewer soos Huntersvlei Prince 28th wat in 1984 die goue beker op die Randse Skou gewen het.
Navrae:
Huntersvlei, 056 343 3311 of 084 037 8772; e-pos: enrico.cronje@re.co.za of claire@re.co.za; webblad: https://re.co.za/


 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot