AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Pannar stel nuwe tegnologie bekend

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
PAN 3P-900PW is ’n uitstekende nuwe opsie vir die oostelike droëlandproduksiestreke en onder besproeiing. FOTO’S: PANNAR
PAN 3P-900PW is ’n uitstekende nuwe opsie vir die oostelike droëlandproduksiestreke en onder besproeiing. FOTO’S: PANNAR
Hierdie seisoen stel Pannar Saad® met trots twee nuwe geel mieliebasters met die PowerCore™-tegnologie bekend, naamlik PAN 3P-900PW en PAN 5P-902PW.

Dit is ’n nuwe toevoeging tot Corteva se formidabele portefeulje in Suid-Afrika. PowerCore™-tegnologie is ’n hoëpresterende, insekbestande saadeienskap wat mielies doeltreffend teen vernietigende bogrondse Lepidoptera-plae beskerm soos die Afrika-mieliestronkboorder (Busseola fusca) en Chilo-boorder (Chilo partellus). Hierdie plae kan aansienlike oesskade en gevolglik produksieverliese veroorsaak.

Die PowerCore™-tegnologie bestaan uit drie Bacillus thuringiensis- (Bt) proteïene, wat elkeen die insekte verskillend aanval teiken en bydra om die gebruiksduur van die tegnologie te verleng. Die PowerCore™-tegnologie verleen ook verdraagsaamheid teen glifosaatonkruiddoders. Hierdie uitsonderlike eienskaptegnologie, wat goeie insekbeskerming kombineer met ’n groter opbrengspotensiaal, is nou in Pannar se portefeulje van hoë-opbrengsbasters beskikbaar.

“Pannar is trots om aan boere ’n alternatiewe beskermingsmeganisme teen stronkboorder te bied,” sê mnr. Nick Goble, besigheidsbestuurder van Pannar Saad.

“Boere kan nou die Bt-eienskaptegnologie kies wat die beste by hul plase pas. Nie net is die doeltreffendheid van PowerCore™-tegnologie in plaaslike proewe gedemonstreer nie, maar die tegnologie het ook ’n bewese rekord in Brasilië en Argentinië in soortgelyke klimaatstreke, waar dit suksesvol sedert 2012 gebruik word.

“Ons is opgewonde om hierdie nuwe tegnologie in ons verskillende genetiese platforms bekend te stel en hierdie seisoen PAN 3P-900PW en PAN 5P-902PW beskikbaar te stel.”

Insekspektrum

Mielies word in Afrika deur verskeie Lepidoptera-plae aangeval. Hierdie plae veroorsaak erge skade aan mielies en oesverliese wissel na gelang van die tyd en vlak van stamboorderbesmetting.

Die mieliestronkboorder (Busseola fusca) is die skadelikste stamboorder by mielies in Suid-Afrika en kom voor op hoogtes wat wissel van seevlak tot 2 000 m bo seevlak. Dit is wydverspreid in die mielieproduksiegebiede van Suid-Afrika.

Die Chilo-stronkboorder (Chilo partellus) is ’n ernstige plaag by mielies, manna en sorghum. Die Chilo-stamboorderruspes beskadig hierdie gewasse deur in die plantstingel in te boor.

Nuwe geel basters

Pannar se formidabele geelmieliepakket van verskillende groeiklasse en geneties gemanipuleerde basters bied ’n goeie risikoverskansingstrategie op lang termyn.

PAN 3P-900PW

Die nuwe PAN 3P-900PW is ’n ultravinnige geel baster gebaseer op PAN 3R-500R en is geskik vir hoëpotensiaal-droëlandproduksiegebiede (oostelike produksiegebiede wat die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal insluit) en onder hoë-insetbesproeiing en ’n dubbeloes-produksiestelsel (hoë opbrengsmikpunt, watertoediening en bestuursinset). Dit het ’n hoë opbrengspotensiaal en is vir al die produksiestreke onder besproeiing aangepas. PAN 3P-900PW het ’n aantreklike planttipe met regop blare, ’n goeie staanvermoë, lae kopplasing en lewer graan van goeie gehalte.

PAN 5P-902PW

As ’n nuwe genetiese platform in die medium-vinnige groeiklas is PAN 5P-902PW ’n baster met lae kopplasing, goeie stamsterkte en staanvermoë. Dit presteer goed oor ’n wye reeks opbrengspotensiaalvlakke en plantestande. PAN 5P-902PW word saam met PAN 4A-128 en PAN 5A-182 in ’n pakket aanbeveel vir die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal. Dit lewer uitstekende graangehalte met ’n goeie skepelmassa.

Die bestuur van moontlike insekweerstandigheid teen die Bt-geen is wetlik verpligtend. Die aanplant van ’n toevlugoord volgens voorskrifte is nodig as basters met stronkboorder-beskermingsgene gebruik word, aangedui deur die letters B, BR, YHR of PW in die Pannar-saadprodukkode.

Corteva Agriscience-eienskaprentmeesterskap

Rentmeesterskap is ’n lewensiklusbenadering tot produkbestuur. Dit is die verantwoordelike manier om tegnologieë en plantprodukte te bestuur vanaf hul ontdekking en ontwikkeling, tot hul gebruik en die uiteindelike opskorting daarvan. Corteva Agriscience is daartoe verbind om nuwe tegnologieë op ’n verantwoordelike wyse na die mark te bring en bevorder die praktyke van verantwoordelike bestuur van insek- en onkruiddoderweerstand, en graanbemarkingsbesluite om volgehoue gewasopsies te verseker. 

PAN 5R-902PW word vir die oostelike hoëpotensiaalproduksiegebiede saam met PAN 4A-128 en PAN 5A-182 aanbeveel.
Navrae:
Grant Pringle, produklandboukundige in die oostelike produksiestreek, Pannar Saad: tel. 071 678 1511; e-pos: grant.pringle@pannar.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.21
+1.9%
Rand - Pond
21.13
+1.0%
Rand - Euro
18.18
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+2.0%
Goud
1,792.78
-0.3%
Silwer
22.88
-1.2%
Palladium
1,909.00
+0.5%
Platinum
1,016.00
-0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,691
+0.7%
Alle aandele
74,855
+0.7%
Hulpbronne 10
74,839
+1.1%
Industriële 25
91,520
-0.1%
Finansiële 15
15,728
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot