AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8257,2
257,20
CORN
27 Jan
-
3807,4
68,40
SOYA
27 Jan
-
8065,2
177,20
SUNS
27 Jan
-
8980
47,00
WEAT
27 Jan
-
5997
9,00
WMAZ
27 Jan
-
3598
40,00
YMAZ
27 Jan
-
3663
44,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Pannar versterk geelmieliepakket

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
PAN 4R-838BR is ’n mediumvinnige stapelgeenbaster. FOTO: PANNAR
PAN 4R-838BR is ’n mediumvinnige stapelgeenbaster. FOTO: PANNAR
Die keuse van ’n geskikte basterpakket is een van ’n boer se belangrikste bestuursbesluite. Die betroubare prestasie van Pannar se geelbasters ondersteun die produktiwiteit en winsgewendheid van mielieproduksie en beperk die gepaardgaande risiko’s.

Opbrengsprestasie, stabiliteit, kompensasievermoë, basters se agronomiese eienskappe en pakkette vir siekterisiko’s speel ’n belangrike rol by basterkeuse. Stabiliteit en aanpasbaarheid oor verskillende produksiejare en -gebiede heen dui aan hoe betroubaar die opbrengsverwagting of oessekerheid is om risiko’s doeltreffend te bestuur tot voordeel van die aanplanting se winsgewendheid.

Die kans op sukses verbeter aansienlik indien die basterkeuse volgens meerjarige resultate in verskillende gebiede gemaak word. Pannar se geelmieliepakket lewer goeie resultate by verskillende opbrengspotensiaalvlakke, in verskillende produksiegebiede en oor produksiejare heen.

Dié stabiele basters is agronomies goed aangepas by Suid-Afrikaanse produksietoestande en is ’n uitstekende keuse vir produksie op droëland en onder besproeiing. Die volledige reeks groeitydklasse van konvensionele, stronkboorderweerstandbiedende, glifosaatverdraagsame en stapelgeenbasters is spesiaal ontwikkel om sukses te verseker.

Hierdie pakket ultravinnige, vinnige en mediumgroeitydbasters bied goeie langtermynrisikoverskansing. Die basters word vir graan- en kuilvoerproduksie, asook weimielies aanbeveel.

PAN 3R-224YHR

Die ultravinnige platform is hierdie produksiejaar afgerond deur die toevoeging van PAN 3R-224YHR, ’n toppresteerder onder besproeiing en op droëland met ’n hoë potensiaal. Dié stapelgeenbaster bevat Intrasect ®-insekbeskermingsgene (TC1507 x MON810), asook Roundup Ready® Mielie 2-tegnologie wat glifosaatverdraagsaamheid bied.

Dit lewer mooi graan wat vinnig afdroog. PAN 3R-224YHR is goed aangepas en is ’n uitstekende keuse vir droëlandproduksiegebiede met ’n hoë potensiaal. Dit beskik oor ’n regop blaargroeiwyse en ’n semi-vaste kopgrootte, wat dit geskik maak vir aanplantings teen ’n hoë stand. Dit beskik oor ’n puik staanvermoë.

Die ultravinnige platform sluit ook PAN 3A-124, PAN 3R-524R en PAN 3R-724BR in. Dit is die vinnigste platform in Pannar se reeks en bied uitstekende stabiliteit oor produksiejare. Dié pakket met ’n hoë opbrengspotensiaal is die voorste besproeiingsplatform op die mark en is ’n goeie keuse vir ’n hoë-insetbeproeiingstelsel.

PAN 3R-800BR

PAN 3R-800BR is nog ’n nuweling in die ultravinnige groeiklas. Dit is ’n stapelgeenbaster en beskik oor die tweedegenerasie- stronkboorderbeskerming (MON89034) en glifosaatverdraagsaamheid. Dit is geskoei op PAN 3R-500R se platform, het ’n baie goeie opbrengspotensiaal, is wyd aangepas, en is veral geskik vir vroeë plantdatums onder besproeiing en vir droëlandproduksie met ’n hoë potensiaal. PAN 3R-800BR het ’n aantreklike planttipe met ’n goeie staanvermoë en kopplasing.

Hierdie baster produseer ’n semi- blinkpit-graantipe van goeie gehalte en vertoon goeie ver draagsaamheid teen noordelike blaarskroei.

PAN 4R-838BR

Hierdie vinnige stapelgeenbaster bied tweedegenerasie- stronkboorderbeskerming (MON89034) en glifosaatverdraagsaamheid.

Dit presteer goed in die oostelike produksiestreek. PAN 4R-838BR verleen beter siekteverdraagsaamheid aan Pannar se vinnige geelmieliepakket. Dit het ’n regop blaargroeiwyse, is enkelkoppig van aard en produseer dik koppe met aantreklike diep-oranje graan. Dit het ’n puik staanvermoë en toon goeie verdraagsaamheid teenoor Diplodia- kopvrot. Saad sal vir die 2022-planttyd beskikbaar wees.

PAN 5R-854BR

Dié baster is ’n opwindende, nuwe, mediumvinnige stapelgeenweergawe van PAN 5A-154 met tweedegenerasie-stronkboorderbeskerming (MON89034), gekombineer met glifosaatverdraagsaamheid. Dit is meerkoppig en ’n stabiele presteerder in verskillende omgewingstoestande in die westelike produksiegebiede.

Dit het ’n kenmerkende regop blaargroeiwyse en ’n goeie staanvermoë. Dit produseer aantreklike diep-oranje graan en toon goeie verdraagsaamheid teenoor Diplodia-kopvrot.

PAN 5A-166

PAN 5A-166 is ’n nuwe platform in die mediumvinnige groeiklas met goeie agronomiese balans.

Dit het deurgaans goed presteer in ál die jare dat dit deel was van die toetsprogram, en word beskou as ’n aanvullende baster vir die gewilde PAN 5A-182.

Beste opbrengs

Die professionele aanbevelings van Pannar se span verseker dat boere die maksimum opbrengs met elke sak sal behaal. Kontak gerus jou naaste verkoopsverteenwoordiger of landboukundige by Pannar. 

Navrae:


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.39
-0.3%
Rand - Pond
20.63
+0.1%
Rand - Euro
17.25
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,810.63
-0.5%
Silwer
23.14
-1.6%
Palladium
2,324.00
-0.5%
Platinum
1,024.00
-1.0%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
65,977
-2.1%
Alle aandele
72,360
-2.0%
Hulpbronne 10
73,473
-2.4%
Industriële 25
89,709
-1.9%
Finansiële 15
14,682
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk war gebeur
Ek het n saggesardheid Hou van die buite lewe en die natuur Wil nie in n stad bly nie Stap graag
Wees net jouself.
Ek is soms nie n maklike men's nie, maar ek love om grap of 2 te maak. Ek het geleer deur al my voute en leer nou nog. Soms maak dit jou te hart. Ek is n plain men's...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot