AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Presisieboerdery toeganklik selfs op ouer toerusting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FieldView Yield Kit is ideaal vir boere met ouer toerusting wat presisieboerdery wil toepas.
FieldView Yield Kit is ideaal vir boere met ouer toerusting wat presisieboerdery wil toepas.
Die feit dat ’n boer nie die nuutste stroper het nie, hoef hom nie daarvan te weerhou om met presisie te boer nie.

Tegnologie vir presisieboerdery behoort nie net toeganklik te wees vir boere met die nuutste toerusting nie. Daar moet ook na die behoefte daarvoor van produsente met ouer toerusting omgesien word. Dit is presies wat Bayer se FieldView Yield Kit bied. Produsente met ouer werktuie kan daarmee vinnig variasies in veldprestasie ontleed om hul besluite aan te pas en opbrengs te verbeter.

“Ons streef daarna om FieldView versoenbaar te maak met soveel toerusting moontlik. Dit maak dus nie saak of jy ’n groen, blou, rooi of pers vloot het nie, want al die data kan in FieldView versamel word om vir die produsent ’n sterk agronomiese analise te gee,” sê mnr. Tiaan Venter, digitale aktiveringspesialis vir Bayer.

Hy sê in die verlede was presisieboerdery toeganklik aan boere wat reeds oor tegnologies gevorderde toerusting beskik het.

“Dit was net boere met die duurste, nuutste en beste toerusting wat met presisie kon boer. Met FieldView Yield Kit is dit ook nou beskikbaar vir die boer wat dalk nie heeltemal op daardie vlak is nie. Die Yield Kit is gebou om met ouer toerusting te integreer, soos jou ouer stroper. Jy kan dus steeds presisiedata inneem soos jy stroop.”

Bayer
Mnr. Tiaan Venter, digitale aktiveringspesialis vir Bayer.

Oplossing vir 'n probleem 

Dis egter nie net vir ouer toerusting wat die Yield Kit van waarde is nie, dit is ook nuttig as ’n produsent net een van sy werktuie daarmee wil toerus. Dit was die geval by CP Potgieter-boerdery in die distrik Delmas in Mpumalanga. Venter het dié boerdery saam met die Landbouweekliks-span besoek om uit te vind hoe hulle die FieldView Yield Kit gebruik.

Mnr. Pierre Labuschagne, hoofbestuurder van CP Potgieter-boerdery vertel dat hulle FieldView op al hul stropers gebruik.

“Dit werk 100% op dié stropers en was verenigbaar met die bestaande harnasse en alles wat daarin is. Ons het egter een stroper gehad met ’n elektriese fout wat vir ons probleme gegee het.”

Hulle het besluit dit gaan meer ekonomies wees om die Yield Kit op daardie stroper te installeer.

“Dit was maklik om te doen en hy het dadelik perfek gewerk,” sê Labuschagne. “Die stelsel is baie akkuraat en die inligting wat ons daaruit kry, is baie bruikbaar. Dit was ook maklik vir die operateurs om dit te leer gebruik. Ons kan almal inklim en sien wat aangaan, en dit gee ons ’n goeie oorsig van wat die opbrengs is.”

Venter sê hierdie is ’n goeie voorbeeld van hoe aanpasbaar die FieldView Yield Kit is by die boer se behoeftes.

Kry dit hier

Die FieldView Yield Kit is eksklusief deur Bayer verkrygbaar. Produsente wat reeds ’n FieldView-rekening het, kan dit by climatefieldview.co.za bestel. Of hy kan met sy naaste Bayer-agent gesels wat hom in kontak sal bring met die FieldView-span.

Navrae:
FieldView, webblad: climatefieldview.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot