AFGRI
BEAN
01 Jun
-
8572
126,00
CORN
01 Jun
-
4110
61,00
SOYA
01 Jun
-
7890
140,00
SUNS
01 Jun
-
8255,2
79,20
WEAT
01 Jun
-
6565
27,00
WMAZ
01 Jun
-
3702,8
20,80
YMAZ
01 Jun
-
3846,8
29,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Puikopbrengs verseker eerste én tweedeplek!

akkreditasie
Mnr. Johann Pistorius het met sy rekordopbrengste nie net die eerste plek in die afdeling vir droëlandmielies in die oostelike Hoëveldstreek van Graan SA se Groei vir Goud-opbrengskompetisie behaal nie, maar sommer ook die tweede plek. Hy het ’n uithalerkultivar gebruik om die wenopbrengs van 17,59 t/ha te behaal.

Die gesegde om te meet, is om te weet, is iets wat mnr. Johann Pistorius baie doeltreffend  in sy boerdery toepas, met die gesaaides én die beeste. Dit is ’n groot bydraende faktor tot sy sukses as boer.

Pistorius boer op die plaas Paardefontein by Val naby Standerton, Mpumalanga. Hy het van 2001 af saam met sy pa, Willem, geboer, en boer van 2012 alleen as ’n tweedegenerasieboer. Sy pa, wat al in 1966 begin boer het, is deesdae afgetree in Heidelberg, Gauteng.

“Vandat ek plaas toe gekom het, was daar eksponensiële vordering in tegnologie. Dit is ’n lekker tyd om te boer, met baie opwinding en nuwe geleenthede om dinge reg te kry wat nooit moontlik was nie,” sê Pistorius, wat op 22 begin boer het. 

Presisietegnologie, soos AgLeader Precision by die saaiery en ’n GrowSafe-voerstasie by die beesboerdery, het die grootste verskil aan sy manier van boer gemaak. 

“Ons gebruik presisietoerusting waarmee ons alle bewerkings presies kan doen. Tydens planttyd kan ons dubbelpitte en oorslaan monitor, die spasiëring van pitte beheer, kalk en kunsmis presies toedien en  bespuiting akkuraat afhandel.  “Presisietoerusting in sy geheel by die saaiery is dus onmisbaar. Dit geld ook die beeste, waar ons ’n voerdoeltreffendheidstasie, GrowSafe van Kanada, opgerig het. Daarmee kan ons die voerinname van ál ons manlike en vroulike diere toets om mettertyd die voerdoeltreffender diere met gelyke prestasie te identifiseer. 

“Só kan ons die genetiese poel verbeter om te selekteer vir diere met ’n laer voedingspeil of voedingsbehoefte wat steeds dieselfde of beter prestasie lewer. Jy boer nie net self met voerdoeltreffender diere nie, maar kan ook dié teelmateriaal in die toekoms aan die beesbedryf beskikbaar stel.” 

 

Wenner Bly Grense Toets 

Pistorius het in 2017 die eerste keer ’n opbrengskompetisie in Du Pont Pioneer se Weeg en Wen-kompetisie gewen, en sedertdien hou hy aan om die grense van opbrengste te toets.

“Kultivars het die afgelope dekade geneties só ontwikkel dat ’n mens elke jaar die grense van jou metodes moet toets om te kyk hoe die kultivars verbeter het. Ek doen aanhoudend kultivarproewe en toets die toediening van kunsmis om vas te stel of daar alternatiewe praktyke tot my huidige manier van doen is. 

“Ek is nooit noodwendig daarop ingestel om die kompetisie te wen nie. In jare dat die seisoen goed verloop, en jy stroop en sien die opbrengs lyk belowend, skryf jy maar in vir die kompetisie. Ek het nooit spesifiek ’n stukkie grond gevat, gaan vertroetel  en aandag daaraan gegee net vir die kompetisie nie.

”Dit is vir hom belangrik om heeltyd praktyke te beproef en dit dan op die hele boerdery toe te pas as dit werk.

“Sedert 2017 het ek nie regtig baie veranderinge aangebring nie. ’n Mens is so geneig om  kitsoplossings en wonderwerke te soek, en dan vergeet jy om die basiese dinge reg te doen. Dít is die kern. Doen die basiese dinge reg, dan kan jy fyner begin krap.” 

Die belangrikste van hierdie basiese dinge is tydigheid.

“Wat ook al jy doen, dit moet op die regte tyd gebeur.” 

Pistorius het in 2020 ook in dieselfde afdeling, droëlandmielies in die oostelike Hoëveldstreek, die Groei vir Goud-kompetisie gewen.

Wat het hy dan hierdie jaar anders gedoen vir die nuwe rekord? 

“Wat in my guns getel het, was baie genade van Bo – genoeg reën en son op die regte tyd, en al die basiese dinge wat menslik moontlik was, was so na as moontlik daar. Dit was ’n goeie seisoen.” 

 

Gunstelingkultivar 

Vandat PAN 3A-124 van Pannar nog ’n eksperimentele kultivar was, het dit Pistorius se oog gevang. 

“Dit is ’n ongelooflike kultivar en tans my gunsteling op die mark. Dit ontkiem goed en is ’n groeikragtige mielie. Dit word as ’n ultravinnige groeier gekategoriseer, hoewel die mielie se groeityd meer na mediumvinnig neig wat fisiologiese rypwording en tydperk van bestuiwing betref. Maar dit droog vinnig af. 

“Wat ongelooflik is, is die vermoë van die kultivar om teen ’n hoër plantestand ’n ordentlike primêre kop te vorm met maklik 16-18 rye en gemaklik 35-40 pitte in ’n ry. Die pitgewig is ook baie goed. Dit is ’n kultivar wat by my praktyke inpas en ’n reusebydrae lewer tot goeie opbrengste. Ek stel geensins in ’n kultivar belang wat meerkoppig is nie. Ons probeer eerder een ordentlike kop produseer. Sodoende kan jy jou plantestand pro rata aanpas volgens die grond se potensiaal.” 

Pistorius meen sekere ultravinnige kultivars is baiekeer riskant, want dit het ’n baie kort bestuiwingstydperk. 

“Dié kultivar neig meer na ’n mediumvinnige kultivar wat aanpasbaarheid en gehardheid betref, maar het tog al die voordele van ’n ultravinnige kultivar. Dit is eintlik ’n twee-in-een.” 

 

Boerderypraktyke 

Pistorius het in 2021 op 6 Oktober begin plant. Sy plantestand was 65 000 plante per hektaar. Hy pas ook wisselbou toe.

“Ek is afhanklik van winterreste vir veevoer, daarom plant ek twee derdes mielies en ’n derde sojabone. Een keer in drie jaar word wisselbou dus op ’n land toegepas met sojaboonverbouing. Dit werk goed vir ons. 

“Wat die bekamping van siektes en plae betref, is daar vandag baie doeltreffende chemiese opsies. Ek gebruik tans Ampligo (reg.nr. L8685, Wet 36 van 1947) van Syngenta vir topruspebekamping. 

“Daar is baie produkte wat vir snywurm werk, maar ons gebruik ingekapsuleerde piretroïede en ek verkies een en ’n half keer die dosis. Daarmee saam probeer ons ook die lande skoon hou van winteronkruid om die snywurmbevolking so laag moontlik te hou.” 

 

Grondvrugbaarheid  

Grondvrugbaarheid is vir Pistorius noodsaaklik.

“In saaiboerdery is grondvrugbaarheid ononderhandelbaar. Ons neem jaarliks van ’n derde van ons boerdery presisie-ontledings om te bepaal waar ons tekorte en voedingswanbalanse moet regstel. 

“Ons het vir onsself die minimum en maksimum drumpelwaarde gestel by sekere voedingselemente in die grond, en probeer die grond bo daardie minimum waardes hou. Sodra waardes op standaard is, begin ons kyk na die onderliggende verhoudinge tussen die elemente in die grond. 

“Grondvrugbaarheid is vir my belangriker as bemesting gedurende die seisoen. Die opneembaarheid van die voedingstowwe is belangrik. Ons strooi ál die kunsmis en stikstof breedwerpig uit voor planttyd. Ek het nie werklik ’n voorkeurmaatskappy nie, maar in 2022 het ons Omnia gebruik. Ek verkies om dit eenvoudig te hou, dus is dit hoofsaaklik ’n MAP-KCl-mengsel of 0:1:2 met sink. 

“Tydens plant het ons net saad op die planter. Daar word geen bandplasing gedoen nie.”  Wat voorbereiding van die saadbedding betref, doen Pistorius graag ’n primêre bewerking  gekombineerd met saadbeddingvoorbereiding, verkieslik in die winter as die vog dit toelaat. 

“Dit gee my dan ’n ordentlike wortelbedding wat goed deurlug is, geen verdigting het nie, en ’n fyn en ferm saadbedding wat teen planttyd gereed is.” 

Hy verkies om grondvoorbereiding voor plant te doen en bewerk altyd so min as moontlik.

“Onkruidbekamping word hoofsaaklik chemies, maar ook meganies gedoen. Ons plant dus op ’n land wat klaar voorberei is, en daarna word chemiese behandeling gedoen.” 

Vir kunsmis gebruik Pistorius vloeibare ammoniumnitraat of ureum in die vorm van korrelkunsmis wat hy breedwerpig uitspuit of strooi.

Om te plant gebruik hy Equalizer-plantereenhede wat met AgLeader se presisietoerusting toegerus is. Hy het verlede jaar op 6 Junie die land met die wenopbrengs begin stroop, waarvoor hy ’n Claas-stroper ingespan het. Weens die laat reën in 2022 se strooptyd het hulle moeilik gestroop. 

“April, Mei en Junie was baie nat maande, wat nie normaal was nie. Maar as gevolg daarvan het ons goeie ondergrondse vog vir hierdie seisoen gehad. 

“Die eenvormigheid van die oes was egter baie goed, wat dit lekker gemaak het.” 

Vir die eerste plek het hy ’n wenopbrengs van 17,592 t/ha behaal. Sy tweede plek is met ’n opbrengs van 17,28 t/ha behaal. Albei was beter as die vorige rekordopbrengs in die betrokke afdeling. 

 

Goeie diens 

Van die redes wat Pistorius vir sy goeie opbrengs uitsonder, is eerstens die kultivars tot sy beskikking, asook die insette van mnr. Francois Mellet, sy verteenwoordiger by Pannar. “Francois het al ’n paar eerbewyse gekry vir verteenwoordiger van die jaar. Dan is mnr. Carl Otto, my areabestuurder, regtig ’n besonderse mens. 

“My saad is altyd behandel met die saadbeskermingsprodukte wat ek versoek het, en die pitgroottes is altyd waarvoor ek gevra het. Dit is ’n voorreg om saam met hulle te kan boer en sulke prestasies saam te  kan behaal.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.63
+0.5%
Rand - Pond
24.60
-0.2%
Rand - Euro
21.12
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,005.73
+0.2%
Palladium
1,393.29
+1.2%
Goud
1,977.96
+0.8%
Silwer
23.88
+1.5%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
70,656
+0.9%
Alle aandele
75,783
+0.9%
Hulpbronne 10
68,962
+2.1%
Industriële 25
102,956
+0.2%
Finansiële 15
14,630
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Kom ons skryf ons eie Roman
Ek is sag geaard baie liefde vol Goeie hart Hou nie van baklei nie Hou van tyd weg van huis af Hou van uit eet en lekker dans My familie en Kinders is my lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot