AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Simmentalers: Suid-Afrika se voerkraalbees

akkreditasie
Die moderne Simmentaler kom ook uit ’n mediumraam koei wat maklik kalf, en groei dat dit bars.
Die moderne Simmentaler kom ook uit ’n mediumraam koei wat maklik kalf, en groei dat dit bars.
Die Simmentaler is een van die beste rasse vir die voerkraal.

Om vleisbeeste vir wins groot te maak, is ’n bevredigende onderneming, maar om dit volhoubaar te doen moet jy jou hulpbronne, soos grond, arbeid, kapitaal en voer bestuur en ook die mark in gedagte hou. Dit help nie om met ’n bees te boer wat die mark, en veral die voerkraal, nie wil hê nie. 

Meer as 80% van Suid-Afrika se speenkalwers word jaarliks voerkraal toe gestuur. Om in die voerkraal te presteer moet ’n bees kan groei (ten minste 2 kg per dag), ’n goeie voeromsetting hê (verkieslik onder 6 kg), ’n goeie temperament hê, asook siektes kan weerstaan. 

Die Simmentaler is oor jare geteel om aan al hierdie vereistes te voldoen en staan voor in die tou wanneer speenkalwers bemark word. Die moderne Simmentaler kom uit ’n mediumraam koei wat maklik kalf. Speenkalwers presteer uitstekend in die voerkraal. 

Geteel vir gehardheid 

Afrika se eerste Simmentaler-beeste is in 1893 ingevoer. Die eerstes is na Swakopmund, Namibië, gebring waar hulle van die skip na die strand moes swem. Daarna moes hulle 80 km deur die Namib na Otjimbingwe loop en toe na Windhoek. Slegs diere met sterk kloue en ’n goeie loopvermoë is met verloop van tyd in Namibië geselekteer. 

Terloops, dié diere stap maklik 10 km of meer agter water aan en moet die ergste droogtes oorleef. 

Die Simmentaler is 12 jaar later, in 1905, deur pres. M.T. Steyn, die laaste president van die onafhanklike Vrystaat-republiek, na Suid-Afrika ingevoer. Hy het hulle ná die Anglo-Boereoorlog in Switserland opgemerk en toe besluit dat hulle ’n kernkudde vir die Suid-Afrikaanse beesbedryf moet vorm. Steyn het die eerste Simmentaler-bul genaamd Toni besit. 

Meer as honderd jaar later word die Simmentaler as Suid-Afrika se voorste voerkraalbees beskou met koeie wat geteel word om in alle gebiede van Suid-Afrika aan te pas en te presteer. 

'n Ras met goeie groei en melk  

Wat die Simmentaler so besonders maak, is dat dié bees vir sowel sy melkvermoë as sy groeitempo geteel is – ’n ware dubbeldoelras. Die Simmentaler het sy plek in die vleisbeesbedryf begin volstaan toe die resultate van ’n tien jaar lange navorsingsprogram by die Omatjenne-navorsingstasie naby Otjiwarongo in 1951 gepubliseer is.  Dié bees het bewys dat hy uiters vrugbaar en aanpasbaar is en tot op drie jaar die beste groei toon. Sy uitslagpersentasie was bogemiddeld en hy was ook die winsgewendste bees. 

Die Simmentaler het in Suid-Afrika die aandag getrek toe hy in die Landbounavorsingsraad (LNR) se vleisbeesprestasietoetsskema gereeld die beste voeromsetting en groei getoon het.

Moderne diereteeltbeginsels

Simmentaler-telers het nog altyd die voortou met goeie seleksiebeginsels geneem. Hoë rasstandaarde en verpligte keuring is ’n voorvereiste en alle bulle op veilings word vooraf deur tegniese personeel, in diens van die Simmentaler-genootskap, gekeur. 

Dié telersgenootskap is ook ’n bedryfsleier in die gebruik van teelwaardes en was die eerste telersgenootskap wat moderne seleksie-indekse vir ekonomies belangrike eienskappe gebruik het. Die bewese vordering in speenkalwers se ekonomiese genetiese waarde het oor die afgelope dekade met meer as R1,6 miljoen in die ras verbeter, wat gelykstaande is aan bykans R1 miljard se toegevoegde waarde in die kommersiële bedryf. 

Navrae:
Simmentaler-telersgenootskap, 051 446 0580. Webblad: www.simmentaler.org.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.29
+1.0%
Rand - Pond
21.07
+1.0%
Rand - Euro
18.17
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,777.28
+0.5%
Silwer
22.47
+1.0%
Palladium
1,877.00
-0.0%
Platinum
1,002.50
+0.2%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,185
-0.5%
Alle aandele
74,377
-0.4%
Hulpbronne 10
73,740
-1.4%
Industriële 25
91,066
-0.5%
Finansiële 15
15,715
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese pa en man wat jou lewe wil opkikker
Ek is betroubaar met 'n oop uitgaande persoonlikheid, hiu van die buite lewe en natuur met die see sand onder my voete
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot