
Die meeste gelisensieerdewapeneienaars besef nie die verantwoordelikheid wat hulle het wanneer hulle ’n verborge wapen by hulle dra nie. Die nagmerrie begin die dag wanneer jy die sneller trek en iemand skiet.
Wapeneienaars het opsies nodig wat persoonlike veiligheid betref. Dit is belangrik om meer as een opsie te hê en net so belangrik om te weet hoe en wanneer om dit te gebruik. Statistieke het bewys dat 99% van alle struwelinge geen vorm van dodelike reaksie vereis nie. Wanneer die gebruik van geweld nodig is, moet jou eerste opsie die Byrna SD- nie-dodelike lanseerder wees. Die Byrna SD bied die nodige stopkrag om die bedreiging uit te skakel, maar nie dood te maak nie. Wanneer jy ’n vuurwapen in die verkeerde situasie gebruik, kan jy deur tronkstraf in die gesig gestaar word. Een koeël het die potensiaal om twee lewens te verwoes. ’n Slegte oordeel kan die veiligheid van almal vir wie jy lief is en alles waarvoor jy gewerk het, met die trek van ’n sneller in gevaar stel.
Deur ’n swak besluit in die hitte van die oomblik te neem, in woede, wanneer jy deurmekaar is of te vinnig met ’n dodelike vuurwapen optree, kan jou lewe vir altyd verander. Met die Byrna SD is daar geen huiwering nie. Dit is ’n uiters doeltreffende, nie-dodelike oplossing waarop jy met selfvertroue kan staatmaak.
Die mense by Byrna is nie teen die vuurwapenbedryf gekant nie. Hulle posisioneer hul produk in die mark as ’n nie-dodelike oplossing wat ’n bedreiging kan afskrik. Byrna verwys graag daarna as ’n ander hulpmiddel in die gereedskapkas. Dit help nie jy het net hamers in jou gereedskapkas nie. Verskillende situasies het verskillende opsies nodig.
Werk met gas
Die Byrna SD is ’n CO2-gasaangedrewe, nie-dodelike sekuriteitstoestel wat projektiele gevul met chemiese prikkelmiddels, soos traangas en peperpoeier, skiet. Die Byrnavorm is soortgelyk aan dié van ’n semi-outomatiese pistool. Dit is eenvoudig en maklik om te gebruik, sonder terugslag. Wanneer die sneller in vuurmodus getrek word, steek die snellermeganisme gelyktydig die CO2-houer deur en skiet die eerste projektiel.
Die projektiele, wat met chemiese prikkelmiddels gevul is, bars by impak en stel die poeier vry in die vorm van ’n chemiese wolk wat deur die aanvaller ingeasem word. Die chemiese prikkelpoeier belemmer sy vermoë om met sy aksies voort te gaan. Bedreigings kan doeltreffend afgeskrik, gedisoriënteer en uitgeskakel word op afstande van tot 20 meter.
Dra gemaklik
Die kompakte ontwerp beteken dit kan maklik in ’n handsak of rugsak pas. Die Byrna SD kan deel wees van jou alledaagse leefstyl, by die huis, werk en in die buitelug. Die Byrna SD-lanseerder is ’n opsie vir veiligheidsbewuste mense wat hulself en geliefdes doeltreffend wil beskerm. Dit bied ook bykomende beskermingsmaatreëls vir huise, plase en ondernemings se sekuriteit. Byrna wil burgerlikes én wetstoepassers voorsien van ’n veilige en doeltreffende alternatief vir dodelike vuurwapens. Dit kan sy klante in staat stel om hulself, hul gesin en gemeenskap veilig en doeltreffend te beskerm.
Die Byrna SD is nie ’n vuurwapen nie en is dus onmiddellik beskikbaar – geen permitte of lisensiëring is nodig om dit te koop nie. Dis beskikbaar by die meeste groot wapenhandelaars, of koop dit aanlyn by www.byrna.co.za