AFGRI
BEAN
30 Nov
-
9338,8
40,80
CORN
30 Nov
-
4494
-26,00
SOYA
30 Nov
-
8960
59,00
SUNS
30 Nov
-
10930
44,00
WEAT
30 Nov
-
6780
-26,00
WMAZ
30 Nov
-
5131
-150,00
YMAZ
30 Nov
-
5000,2
-120,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Slim strooier verseker eweredige vrugteboorde

akkreditasie
Red Ant Agri het ’n slim-kunsmisstooier ontwikkel wat met’n selfoontoepassing werk. Die toepassing bestuur die veranderlike kunsmistoedieningstelsel volgens data vanaf digitale boordkaarte wat deur middel van hommeltuie of satelliete saamgestel word. FOTO: VERSKAF
Red Ant Agri het ’n slim-kunsmisstooier ontwikkel wat met’n selfoontoepassing werk. Die toepassing bestuur die veranderlike kunsmistoedieningstelsel volgens data vanaf digitale boordkaarte wat deur middel van hommeltuie of satelliete saamgestel word. FOTO: VERSKAF
Veranderlike kunsmistoediening in vrugteboorde is nou moontlik danksy ’n nuwe slimkunsmisstrooier. Data wat deur satelliete en hommeltuie ingewin word, kan nou praktiese waarde vir produsente toevoeg deurdat dit met die strooier gesinchroniseer word.

Boordkaarte wat verskillende groeikragsones in vrugteboorde aandui, kan nou gebruik word om meer eweredige boorde te verseker, danksy die Red Ant Smart-Spreader, ’n slim-kunsmisstrooier.

Mnr. James Reid, die ontwikkelaar, het reeds ’n voorlopige patent hierop bekom (Suid-Afrikaanse afwagtende patent, nommer 2020/06865). Die strooier kan kunsmis teen ’n veranderlike tempo toedien na gelang van digitale data. Die strooier kan sonder moeite gekoppel word aan die boordkaarte wat landboudata- en tegnologiemaatskappye soos Revolute Systems, Aerobotics en Outfield Technologies ontwikkel.

“Die doel van die strooier is om akkurate veranderlike toediening teen ’n bekostigbare prys aan produsente beskikbaar te stel,” sê Reid, eienaar van Red Ant Agri in Ceres in die Wes-Kaap. Deur die data te gebruik wat tegnologiemaatskappye saamgestel het, kan kunsmis doeltreffender en akkurater toegedien en vermorsing voorkom word. Aangesien die optimale volume kunsmis toegedien word, word grondgesondheid verbeter omdat oorbemesting voorkom word.

“Die norm vir slimstrooiers in die vrugtebedryf is om die enorme kunsmisstrooiers wat vir graanboere ontwikkel is, kleiner te maak en dit dan aan die vrugteboere te bemark. Dit is egter baie duur. Net om die GPS-funksionaliteit van só ’n strooier in die trekker aan te bring, kos ’n produsent van R200 000 tot R300 000.

“Ons stelsel, insluitend die strooier en die slimkomponente (bestuurstelsel, slimfoon en toepassing), kos tans R195 500. Ons kan konvensionele Red Antstrooiers met die slimkomponente toerus vir R92 000.

“Ons stelsel gebruik ’n selfoon met ’n dubbelfrekwensie-GPSposisioneringsfunksie, wat betroubare GPS-akkuraatheid tot op vier meter waarborg. Ons het ’n platform ontwikkel wat die boordkaarte kan interpreteer en opdragte na die strooier se beheerstelsel stuur. Die produsent voer dus die boordkaart se besonderhede in die toepassing, laai die boordkaart op die toepassing en stuur die instruksie na ’n drywer.

“Wanneer die drywer die instruksie ontvang, sal die soort en hoeveelheid kunsmis wat vir ’n spesifieke blok benodig word, op die Android-toepassing aangedui word. Die drywer kan die strooier vol kunsmis maak en na die blok ry wat bestrooi moet word. Sodra die drywer in die regte blok is, sal die toepassing hom in kennis stel. Dit is ’n bykomende veiligheidsmeganisme om seker te maak die verkeerde blokke word nie bestrooi nie.”

Kyk hier na ’n demonstrasievideo van die Smart-Spreader. 

Data raak 'n bate

Mnr. Mynhardt Botes, produksiebestuurder van Dutoit Agri se Nooitgedacht-landgoed, sê dié slimstrooier is die ideale en doeltreffende manier om oneweredigheid in boorde te oorkom.

“Die 2020-’21-seisoen is ons tweede seisoen met hierdie slimstrooier. Die stelsel is gebruikersvriendelik. Dit sal jou nie meer as twee minute kos om ’n strooi-instruksie te genereer en na die spesifieke drywer te stuur nie. Revolute Systems stel ons boordkaarte saam uit satellietdata en dit is maklik om die boordkaarte met Red Ant Agri se programmatuur te laat praat.”

Mnr. Johan Kotze, direkteur van Dutoit Agri in die Oos-Kaap, sê die data wat deur Aerobotics se hommeltuie ingesamel word, is nou ’n baie groter bate.

“Ons het Aerobotics se dienste aanvanklik om twee redes oorweeg. Ons het heelwat nette oor ons boorde. Data wat deur satelliete ingesamel word, is dus nie so akkuraat soos met hommeltuie nie. Verder verskaf die maatskappy data tot op boomvlak.

“Uit die boordkaarte is dit altyd duidelik sigbaar hoe die boomry-volume en dus prestasie in verskillende sones in die boord verskil. Die data om swak kolle te bestuur, bestaan dus reeds. Danksy Red Ant se ontwikkeling is die data wat ons insamel, nou ’n reusebate omdat ons hierdie data kan gebruik om regstellings akkurater uit te voer en só nader te kom aan 100% eweredige boorde.

“Ons wil binne drie seisoene minstens 80% van ons boorde op ’n eenvormige boomry-volume hê. Ek glo dit is moontlik met Red Ant se tegnologie,” sê Kotze.

Presisie-aanbevelings volgens boordkaarte word via Red Ant Agri se selfoontoepassing na die selfoon op die trekker gestuur, waarvolgens die presisietoediening gedoen word. Die foto toon die werklike toediening soos die selfoontoepassing en sensors op die Smart-Spreader dit opgeneem het. FOTO: VERSKAF

Navrae:
Mnr. James Reid, e-pos: james@redantagri.co.za, 082 213 7122.



Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.98
+0.1%
Rand - Pond
20.26
+0.2%
Rand - Euro
17.50
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.38
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,752.24
+0.1%
Silwer
21.65
+1.8%
Palladium
1,871.50
+1.7%
Platinum
1,032.50
+2.6%
Brent-ruolie
83.03
-0.2%
Top-40
68,564
+2.6%
Alle aandele
74,828
+2.3%
Hulpbronne 10
73,434
+2.9%
Industriële 25
90,489
+2.8%
Finansiële 15
16,396
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot