AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Spring reg weg – behandel sojasaad anders

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Nuwe saadbehandelingpakket maak korte mette van grondgedraagde siektes en grondinsekte wat so maklik ’n soja-oes in die wiele kan ry.

Die grondslag van suksesvolle sojaboonverbouing is die vestiging van ’n goeie stand, wat beteken genoeg plante wat gelyk opkom en eweredig oor die land versprei is. Sulke eenvormigheid is slegs moontlik as alles reg loop tydens plant; daar is geen salf te smeer aan ’n swak stand later in die seisoen nie.

Saadgehalte, groeikragtigheid, plantdatum, plantestand, wisselvallige reënval, saad se simbiotiese verhouding met stikstofbindende bakterieë en die impak van grondgedraagde siektes en grondinsekte tydens planttyd is alles faktore wat probleme vir produsente kan veroorsaak.

Oor die afgelope paar jaar het veral insekte en siektes wat in die grond voorkom, ’n groeiende kopseer vir sojaboonprodusente geword. Die rede hiervoor is ’n kombinasie van omgewingstoestande waarin siektes en insekte floreer en bewerkingspraktyke wat oesreste op lande agterlaat waarin siektes en insekte kan oorleef. Omdat plaaslike produsente toenemend sojabone aanplant, gaan hulle ook daadwerklik moet optree om siekte- en plaagdruk te bestuur.

Voorkoming, in die vorm van saadbehandeling, is die beste manier om sojaboonproduksie te verbeter en die risiko van verliese so laag as moontlik te hou.

 

’n Drieledige oplossing

Syngenta se nuwe kombinasiesaadbehandeling genaamd CRUISER® Plus Beans is ’n deurbraak in voorkomende risikobestuur. Met CRUISER® White wat insekte in toom hou, en APRON® XL en CELEST® XL wat saam siektes uitroei, gee hierdie kombinasie jou sojaboonsaad die beste moontlike kans om suksesvol te ontkiem, op te kom en te vestig.

APRON® XL en CELEST® XL, saam bekend as APRON® Plus Beans, is die swamdoderkomponent van die saadbehandelingspakket. Die twee produkte werk saam om sojaboonsaad en -saailinge vroeg in die seisoen teen siektes soos Fusarium, Pythium, Phytophthora en Rhizoctonia te beskerm vir goeie ontkieming en opkoms.

CRUISER® White, die insekdoderkomponent, beskerm sade en saailinge teen insekte soos valsdraadwurm, miswurms, plantluise, bladspringers en blaaspootjies en hou plaagbevolkings onder beheer. Hoewel sommige insekspesies eers ná omtrent 48 uur vrek, hou alle teikeninsekte op om te vreet en skade aan te rig kort ná toediening.

CRUISER® White het die verdere voordeel van hoë wateroplosbaarheid, wat beteken die produk het min grondvog nodig om te aktiveer en deur die saailing se wortels opgeneem te word. Hierdie eienskap verseker beskerming selfs wanneer die grond relatief droog is.

Al drie middels in CRUISER® Plus Beans – CRUISER® White, APRON® XL en CELEST® XL – kan saam met rhizobiumbakterieë-entstowwe gebruik word en het geen skadelike impak op stikstofbindende bakterieë wanneer hulle in kombinasie toegedien word nie.

Saam het die produkte ook ’n gunstige impak op die plantproteïen wat die saailing in staat stel om stremmingsfaktore wat gewoonlik vroeg in die seisoen voorkom, te weerstaan.

CRUISER® Plus Beans verbeter ook wortelontwikkeling met die gevolg dat saailinge water en voedingstowwe doeltreffender kan opneem. Die resultaat is gesonder sojaplante en ’n hoër opbrengspotensiaal.

Sukses begin inderdaad met die saad wat jy plant – veral wanneer elke saad en saailing deur CRUISER® Plus Beans beskerm word.

 

LEES DIE ETIKET VAN ELKE PRODUK VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE

APRON® XL bevat mefenoksam (reg.nr. L6837, Wet 36 van 1947). SKADELIK. CELEST® XL bevat fludioksonil en mefenoksam (reg.nr. L6353, Wet 36 van 1947). CRUISER® White bevat tiametoksam (reg.nr. L7546, Wet 36 van 1947). VERSIGTIG.

APRON® XL, CELEST® XL en CRUISER® White is die geregistreerde handelsmerke van ’n Syngenta-groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms.) Bpk., Privaatsak X60, Halfway House 1685. Tel. 011 541 4000.

© Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument voorbehou. Alle ongemagtigde vermeerdering word verbied.

Navrae: Web: www.syngenta.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot