AFGRI
BEAN
01 Jun
-
9400
0,00
CORN
01 Jun
-
4611
0,00
SOYA
01 Jun
-
7648
0,00
SUNS
01 Jun
-
8048
0,00
WEAT
01 Jun
-
6612
0,00
WMAZ
01 Jun
-
3648
0,00
YMAZ
01 Jun
-
3775
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Spuittegnologie lei tot volhoubaarder landbou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die spuitbalke van Jacto se Uniport 4530 het op 42 m die laagste gewig per balklengte op die mark. Sy brandstofverbruik wissel van 0,4-0,7 liter/ha, wat heelwat laer is as dié van soortgelyke toerusting wat beskikbaar is. FOTO: VERSKAF
Die spuitbalke van Jacto se Uniport 4530 het op 42 m die laagste gewig per balklengte op die mark. Sy brandstofverbruik wissel van 0,4-0,7 liter/ha, wat heelwat laer is as dié van soortgelyke toerusting wat beskikbaar is. FOTO: VERSKAF
Jacto se selfaangedrewe spuite verminder die gebruik van landbouchemiese middels, brandstof en water, en daardeur dus finansiële koste en omgewingsimpak.

Enkele dekades gelede het landelike boere hul besluite op grond van ondervinding, verworwe kennis, professionele aanbevelings en waarnemings geneem. Landboumasjinerie was anders en het nie al die digitale tegnologie gehad wat vandag op die mark beskikbaar is nie. Dit was destyds dus vir boere moeilik om hoë produktiwiteitsvlakke te bereik. Sommige het, maar hulle was die uitsondering.

Met die vooruitgang in masjinerie en die moontlikheid om sensors in te sluit, data te versamel, masjinerie aan die internet te koppel en hul werkverrigting intyds te kan volg, het alles verander. Elke druppel, elke saadjie, elke taak op die land en elke produktiewe proses kan nagespeur word.

Danksy hierdie meer gedetailleerde waarnemings bied vasgelegde tegnologie in landboumasjinerie dinamieser produksie. Dit dra ook by tot omgewingsbewaring en volhoubare ontwikkeling, asook beter werksgehalte en werkersveiligheid.

Jacto, bekend om sy selfaangedrewe Uniport-spuite, is in meer as 100 lande teenwoordig. Die maatskappy staan wêreldwyd uit met sy vermoë om die nuutste tegnologie in oënskynlik tradisionele produkte in te sluit.

Indrukwekkende tegnologie wat in spuite gebruik word, sluit in die outomatiese spuitkop-vir-spuitkop-oop-en-toemaakbeheer, asook die outomatiese seksiebeheer waardeur bespuiting outomaties aan- en afgeskakel word wanneer ’n gebied binnegegaan of verlaat word. Laasgenoemde tree ook in werking as daar verby ’n gebied beweeg word wat reeds bespuit is. Danksy hierdie tegnologie word die oorvleueling van ’n reeds behandelde gebied met tot 50% verminder.

Dit bring die jaarlikse koste van landbouchemikalieë met tot 10% af. Ligstaaf-, outomatiese stuuraksie- en outomatiese seksiebeheer is van die presisielandboutegnologie wat meer volhoubaarheid by gewasproduksie kan verseker. Al hierdie gereedskap is beskikbaar vir die reeks selfaangedrewe spuite.

Minder koolstofdioksied vrygestel

Die strewe na laekoolstoflandbou is een van die onderwerpe wat tans wêreldwyd bespreek word. In hierdie opsig lewer tegnologie en die ontwikkeling van intelligente toerusting ’n belangrike bydrae.

Met 42 m-spuitbalke wat hibriede staal-en-koolstofveseltegnologie gebruik, het die Uniport 4530 die laagste gewig per balklengte op die mark. Sy brandstofverbruik wissel van 0,4-0,7 liter/ha. Dit is 35% laer as dié van soortgelyke toerusting in die spuitsegment.

Nog ’n bepalende faktor in brandstofbesparing is die transmissietegnologie wat Jacto ontwikkel het. Alle spuite in die Uniport-reeks het ’n volledige integrasie tussen hul dieselenjin en transmissiestelsel. Die krag wat na die spuit oorgedra word, word intelligent aangepas soos wat deur die terreintoestande vereis word.

Die stelsel word outomaties bestuur en soek die beste bedryfspunt op die dieselenjinkromme en op die transmissiewerkverrigtingskurwe om brandstofdoeltreffendheid te maksimaliseer. Die balans van gewig op die asse en die hidrouliese sluitweer-remstelsel dra ook by tot laer brandstofverbruik en maak dus versnelling en rem doeltreffender.

“Jacto is altyd op soek na maksimum prestasie vir produsente en die laagste moontlike omgewingsimpak wanneer in die veld gewerk word. Danksy die tegnologiese innovasies wat in al ons produkreekse teenwoordig is, is ons in staat om die gebruik van water, brandstof en landbouchemikalie aansienlik te verminder,” sê mnr. Rodrigo Madeira, sakebestuurder vir Jacto se reeks selfaangedrewe spuite.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.73
-0.1%
Rand - Pond
24.52
+0.1%
Rand - Euro
21.07
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.85
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
997.51
-1.6%
Palladium
1,374.45
-2.2%
Goud
1,963.22
+0.0%
Silwer
23.52
+0.0%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
69,998
0.0%
Alle aandele
75,068
0.0%
Hulpbronne 10
67,512
0.0%
Industriële 25
102,774
0.0%
Finansiële 15
14,415
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
I am Me!!!! Kok that's the truth.
I have a fiancé - 17 years. I've been alone for a year now! I've been alone that is myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot