
Jacto het hom gevestig as een van die mees innoverende ondernemings in die vervaardiging van landboutoerusting ter wêreld en is in meer as 100 lande teenwoordig. Met ’n sterk belegging in navorsing en ontwikkeling blink Jacto uit in die wedloop na wins deur die doeltreffendheid van die toediening van landbouhulpmiddels.
Hy is veral bekend om sy Uniport-selfloopwerktuie en een van die toppresteerders in die reeks is die Uniport 5030 NPK. Dié kunsmisstrooier se eienskappe maak hom ’n noodsaaklike werktuig vir die boer wat met presisie boer om koste te bespaar, terwyl hy sy grond bewaar. Die werktuig se eienskappe sluit in ’n uitstekende toedieningswydte vir kunsmis en regstellende stowwe vir grondherstel, vinniger beweging as ander soortgelyke werktuie, groter bedryfsdoeltreffendheid en verminderde gewasskade.
Toediening en beweging
Die Uniport 5030 NPK het ’n opbergingskapasiteit van 5 000 kg en ’n toedieningswydte van tot 50 meter. Die akkuraatheid en gehalte van toediening word verkry danksy die rotasiebeheer van die toedieningsband en die hoogte van die sluise wat outomaties oop- en toemaak. Dit sorg ook dat die granulometrie van die kunsmis bewaar word.
Om die korrekte verspreiding van die kunsmis te verseker, word die druppunt van die kunsmis op die skywe beheer. Die vorm van skywe wat in twee lae gemonteer is en mekaar perfek oorvleuel, verseker uitstekende verspreiding van kunsmis.
Hierdie kunsmisstrooier kan ook aan die SmartSet-sagteware gekoppel word wat deur middel van ’n selfoon die aanpassing van die toediening meer prakties, makliker en vinniger maak.
Net soos ander Jacto-werktuie het die Uniport 5030 NKP ’n Unitrack-stuurstelsel, wat vinniger en presieser bewegings moontlik maak en met ’n 35% kleiner draairadius spog. Hierdie stelsel verminder gewasskade tydens bewegings met tot 40%. Die stelsel laat toe dat al vier wiele van die strooier kan omdraai, en dit skakel die uit- en ingaan by lande uit, wat die draaityd aansienlik verminder.
Randbeheer
Die Uniport 5030 NPK gebruik ook ’n stelsel wat foute met die toediening van stowwe op die kant van die landery verminder. Dit help om die strooi van kunsmis op ongewenste areas te beperk. Die stelsel wat aan die regterkant van die strooier gemonteer is, konsentreer die verspreidingsprofiel aan die einde van ’n landery om te keer dat die kunsmis beland in gebiede wat die boer wil vermy.
Spesifikasies
Jacto se selfaangedrewe werktuie is aanvanklik vir ruwe terrein in Brasilië ontwerp. Dit is daarom toegerus met intelligente hidrostatiese transmissie (4x4) en onafhanklike outomatiese traksiebeheer, wat beter traksie op verskillende soorte grond bied.
Van die ander spesifikasies vir die Uniport 5030 NPK is as volg:
- Vloeispoed vir korrelkunsmis: 20-600 kg/ha.
- Afmetings van werktuig: Lengte 7,76 m; breedte 3,20 m; hoogte 3,90 m; lengte tussen asse 3,80 m; grondvrye hoogte 1,50 m; en baanwydte-verstelling 2,60-3,15 m.