AFGRI
BEAN
02 Jun
-
8499
-73,00
CORN
02 Jun
-
4527
-150,00
SOYA
02 Jun
-
7800
-74,00
SUNS
02 Jun
-
8300
38,00
WEAT
02 Jun
-
6320
-53,00
WMAZ
02 Jun
-
3698
-15,00
YMAZ
02 Jun
-
3814
-38,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Varsprodukteplaas en voerkraal bied goeie begin aan nuwe kopers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sowat 20 minute se ry vanaf Krugersdorp lê hierdie goed gevestigde varsprodukteplaas en voerkraal. Dit is ’n hanetreetjie van die Sterkfontein-grotte af. Dit is langs die N14 en bied maklike toegang tot alle groot sakekerns in Gauteng.

Hierdie plaas is gebou op ’n ryk familie-erfenis en met ’n passie vir boerdery. Só is die 230 ha-plaas vaardig ontwikkel tot ’n kommersiële sukses.

Boerderybedrywighede bestaan hoofsaaklik uit varsprodukteproduksie en ’n hoëgehalte-beesvoerkraal.

Varsprodukteproduksie 

Die groenteproduksie-afdeling produseer verskeie soorte groente wat in tonnels, onder 14 ha skadunet en op 40 ha oop lande verbou word. Die plaas verskaf sy eie saailinge, wat in sy saailingkwekery geproduseer word. Alle geoeste groentegewasse word in ’n gemeganiseerde pakhuis in kartonhouers verpak.

Op die plaas word blaarslaai, komkommers, tamaties, soetrissies, broccoli, blomkool en spinasie gekweek.

Voerkraal

Die beesvoerkraal kan 5 000 speenkalwers hou. Dit is bekend om sy hoëgehalte-voerkraaldiere, gereed om vir afronding verkoop te word. Die opgebergde voer is nie by die koop van die plaas ingesluit nie.

Op die onderste gedeelte van die plaas is 12 ha pekanneutbome aangeplant langs ’n 50 ha-wildkamp met rooibokke, volstruise, waterbokke, springbokke en njalas.

Elke afdeling word bestuur deur ’n ervare span wat verseker dat die daaglikse aktiwiteite van die plaas glad verloop.

Hoe lyk die plaas? 

Die plaas strek oor nege gedeeltes en kan as een eenheid of drie aparte gedeeltes verkoop word.

Gedeelte 1 is sowat 50 ha groot en word gebruik om verskeie soorte groente te kweek. Dit het 225 tonnels, elk 315 m², in onberispelike toestand. Agt van hierdie tonnels is toegerus as ’n saailingkwekery, en daar is ’n saailingvoorbereidingsarea. Daar is 10 ha ooplandboerdery onder besproeiing wat bestaan uit drup- en mikrostelsels.

Die pakhuis is sowat 2 800 m² onder dak, insluitend twee koelkamers waarvan die totale grootte 400 m² is. Daar is twee boorgate, albei getoets teen 100 000 liter/h, toegerus met 40 000 liter/h-pomp in boorgat 1 en 70 000 liter/h-pomp in boorgat 2. Die waterbron is twee sinkdamme en een betondam wat saam ongeveer 500 000 liter hou.

Gedeelte 2 is sowat 85 ha groot en word vir kombinasieboerdery gebruik.

Daar is 40 tonnels, elk 315 m², in onberispelike toestand. Die skadunetstrukture dek ’n oppervlakte van 14 ha. Die multispan-kweekhuise beslaan 1,8 ha. Die ooplandboerdery dek sowat 30 ha. Daar is ’n stoomketelhuisie om die tonnels in die winter te verhit en ’n besproeiingskema wat bestaan uit drup- en mikrostelsels. Op dié gedeelte is ’n voerkraal wat 5 000 beeste kan hou en beeshanteringsgeriewe met sorteerkrale. Die voerskuur is 2 600 m² onder dak. Daar is ’n melkportaal en twee pakkamers van 300 m² elk. Daar is ook ’n hoofkantoor wat uit vyf vertrekke bestaan, ’n weegbrug, ’n waterbron, vier boorgate en akkommodasie.

Gedeelte 3 is sowat 95 ha groot waarop pekanneute verbou word. Dit het ook ’n wildkamp. Die pekanneutboomboerdery is 12 ha groot – 2 ha is vyf jaar oud en 10 ha is een tot twee jaar oud. In die wildkamp van ongeveer 50 ha loop rooibokke, springbokke, volstruise, njalas en waterbokke.

Daar is ’n waterbron en ’n boorgat op dié gedeelte. Daar is ’n huis vir instandhoudingsbestuurder en ’n handelsaak vir nuwe en tweedehandse toerusting met ’n nuwe vertoonlokaal, kantore en werkwinkel. Die elektrisiteitsbron is 100% sonkrag. Die handelsaak word nie by die koop van die plaas ingesluit nie. 

Tender-sluitingsdatum: Vrydag, 10 Junie om 12:00.

Navrae:
Kontak Werner Rynners op 082 578 5324 of e-pos: info@ryncor.com vir nog inligting.


 

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.52
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+1.2%
Rand - Euro
20.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+1.4%
Platinum
999.66
-1.6%
Palladium
1,405.51
+0.4%
Goud
1,950.46
-1.4%
Silwer
23.60
-1.2%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Anti-gold digger !!!!
Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot