AFGRI
BEAN
08 Des
-
7480
-159,00
CORN
08 Des
-
3700,2
-31,80
SOYA
08 Des
-
7509
-125,00
SUNS
08 Des
-
9338
-203,00
WEAT
08 Des
-
6160
-32,00
WMAZ
08 Des
-
3500
-34,00
YMAZ
08 Des
-
3544,2
-35,80
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Veilings bied hope waarde aan boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die koop en verkoop van beeste op veilings onder leiding van telersgenootskappe is baie gewild omdat daar reëls is wat die koper én die verkoper beskerm. FOTO: VERSKAF
Die koop en verkoop van beeste op veilings onder leiding van telersgenootskappe is baie gewild omdat daar reëls is wat die koper én die verkoper beskerm. FOTO: VERSKAF
Om diere op amptelike veilings te koop en te verkoop, bied nie net die voordeel aan die koper dat diere van goeie gehalte beskikbaar is nie, maar die verkoper is ook verseker dat hy wel sy geld gaan kry. Maak dus seker ’n veiling word onder beskerming van ’n genootskap aangebied.

Wanneer ’n boer diere op ’n veiling wil koop en ’n beskermheer is nie teenwoordig nie, moet hy weet die diere word nie onder die beskerming van die genootskap verkoop nie. ’n Beskermheer is ’n keurder wat deur die genootskap opgelei en afgevaardig is om as beskermheer vir die genootskap op veilings op te tree.

Mnr. Louis Botha, ’n beskermheer vir die Drakensberger-beestelergenootskap, sê diere wat op amptelike veilings van die Drakensberger-genootskap aangebied word, se dokumente sal aan die genootskap se standaarde voldoen.

“Dit kom neer op ’n seël wat die genootskap op die dier plaas om te bevestig dat die genootskap die dier goedgekeur het. Die boer het dus die gemoedsrus dat die betrokke dier van hoogstaande gehalte is. Beskermhere is net op amptelike veilings betrokke. As daar dus nie ’n beskermheer teenwoordig is nie, rus die verantwoordelikheid van die transaksie, asook die gehalte van die dier op die teler se skouers.” 

Verskeidenheid

Mnr. Schalk Erlank van GWK sê baie meer koopkrag is op ’n produksieveiling en ’n nasionale veiling beskikbaar.

“Wat lekker is van sulke veilings, is dat verskeie diere van verskillende telers daar aangebied word, tensy dit ’n produksieveiling is waar net een teler se diere aangebied word.

“Die diere wat op ’n nasionale veiling aangebied word, word ’n punt uit 10 gegee. Net bulle wat bo 8 en vroulike diere (verse en koeie) wat bo 7,5 kry, mag verkoop word.

“Die voordeel vir boere wat diere op ’n veiling koop, is dat hulle ’n groter verskeidenheid binne die ras gaan kry teenoor as hulle privaat by slegs een teler diere koop.”

Netwerk

Mnr. Frik Roux, ’n Drakensbergerteler, koop graag diere op amptelike veilings omdat reëls daar toegepas word om die koper te beskerm.

“ ’n Veiling bied ook goeie netwerkgeleenthede omdat ’n mens lekker met jou medetelers kan meng, menings kan uitruil en ander telers ontmoet, en só jou denkrigting verbreed.

“Op veilings wat onder beskerming van die genootskap aangebied word, is daar gewoonlik ’n verskeidenheid fenotipes waaruit kopers goedgekeurde diere volgens hul voorkeur kan uitsoek. Om die regte bul vir jou kudde te koop, is goud werd. Daarom sal ek boere altyd aanbeveel om bulle onder beskerming te koop.”

’n Uittreksel uit die Drakensberger-bylae tot Landbouweekblad in Junie 2021. Vir die volledige bylae, gaan na https://drakensbergers.co.za/bylaes/.

Navrae:
051 4100 974; faks: 086 666 3426; Whatsapp: 063 941 0583; e-pos: drakensberger@studbook.co.za; web: www.drakensbergers.co.za; Facebook: DrakensbergerSA.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.73
+0.7%
Rand - Pond
20.82
+0.8%
Rand - Euro
17.85
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.29
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Goud
1,784.74
+0.0%
Silwer
22.44
-0.3%
Palladium
1,859.29
+0.3%
Platinum
963.00
+0.6%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.2%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
I am a mature, down to earth man. I am a bit shy when I first meet people but all that disappear once I get to know them. I am a Christian man and Jesus comes first in my life....
Opgewekte boskind!!
I am fun to be with and am full of joy! Painting is my favorite hobby and I also enjoy dancing!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot