AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Voersorghum ’n goeie plaasvervanger vir mielies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GOEIE ALTERNATIEF. In sekere omgewings kan voersorghum ’n goeie plaasvervanger vir mielies wees. FOTO: PANNAR
GOEIE ALTERNATIEF. In sekere omgewings kan voersorghum ’n goeie plaasvervanger vir mielies wees. FOTO: PANNAR
Voldoende voer van goeie gehalte is ’n voorvereiste vir suksesvolle veeproduksie. Met die huidige hoë insetkoste vir brandstof, kunsmis en sommige chemikalieë kan dit voordelig wees om van mielies na voersorghum oor te skakel in sekere omgewings waar grondtipes en temperature geskik is.

Lande wat marginaal vir mielieverbouing is, kan gebruik word vir suksesvolle voersorghumproduksie teen ’n verminderde risiko. Voersorghum is meer droogteverdraagsaam as mielies, is goed aangepas vir swaarder grondtipes en die saadkoste is laer.

Dit is baie veelsydig en kan as staandehooi, sny en voer (green chop), kuilvoer of weiding gebruik word. Diefstal is ook nie ’n kwessie rondom stedelike gebiede nie, en voersorghum kan 10-15 ton kuilvoer op ’n droëmateriaalgrondslag produseer.

Voersorghumbasters

Pannar se voersorghumbasters word geproduseer deur spesiaal geselekteerde graansorghumlyne met soedangras te kruis. Daar is tans twee bewese kommersiële voersorghumbasters beskikbaar in Pannar se stal, naamlik PAN 888 en PAN 868.

PAN 888 blom ongeveer op 75-80 dae indien dit gelaat word om uit te groei. Dit het die beste hergroeivermoë van die twee basters. Dit kan twee tot drie keer as weiding of in ’n sny-en-voerstelsel (green chop) benut word indien dit in die regte groeistadium bewei of gesny word.

Beweiding moet van 50-100 cm-uitgroeihoogte plaasvind om goeie hergroei moontlik te maak. Indien dit vroeg bewei word, moet dit slegs lig bewei word om te verseker daar bly genoeg reserwes oor om vinnige hergroei te verseker.

Maak seker dit word nie korter as ’n hoogte van 20-25 cm afgewei nie. PAN 868 is die ander opsie wat langer duur tot fisiologiese rypwording met beter blaarsiekte-weerstand. Dit blom ná ongeveer 130 dae.

PAN 868 is spesiaal geselekteer vir hoë suiker- of sukrose-inhoud (±15 °Brix). Dit kom tot sy reg indien dit eenmalig bewei word deur dit tot 75-100 cm te laat groei en dan as weiding of in ’n sny-en-voerstelsel te benut. Dit kan daarna gelaat word om uit te groei, waarna dit vir die sny van kuilvoer of as staandehooi benut kan word. PAN 868 kan maklik 2,8 m hoog groei.

Vir kuilvoer is die laatmelkstadium of vroeë deegstadium die beste groeistadium om dit te sny.

Dit behoort ’n hoë suiker- en proteïeninhoud te lewer en kan goeiegehaltekuilvoer maak, met ’n droëmateriaalinhoud van byna 30%. Om die gehalte van die kuilvoer te verbeter, kan dit met ’n entstof (inokulant) behandel word, of iets soos melassepoeier kan bygevoeg word om die waarde te verhoog.

Riglyne vir plant en bemesting

Voersorghum verkies warmer grondtemperature vir ontkieming. Ideaal gesproke moet grondtemperature gedurende die dag hoër as 18 °C tydens planttyd wees. In die koeler streke wat hoog bo seevlak is, is dit raadsaam om tot November te wag voor aanplanting om te verseker dat grondtemperature voldoende is.

Voersorghum het soortgelyke grondvereistes as mielies en presteer nie goed op suurgrond met ’n suurversadiging hoër as 18-20% of met ’n baie lae pH (<5) nie. Die aangewese manier is om saad in rye te plant, maar dit kan breedwerpig uitgestrooi en in die grond ingewerk en gerol word. Die plantdigtheid is afhanklik van die grondpotensiaal en verwagte reënval. In rye word 4-6 kg/ha (><600 mm reën) en 7-15 kg/ha (><5) nie. Die aangewese manier is om saad in rye te plant, maar dit kan breedwerpig uitgestrooi en in die grond ingewerk en gerol word.

Die plantdigtheid is afhanklik van die grondpotensiaal en verwagte reënval. In rye word 4-6 kg/ha (<600 mm reën) en 7-15 kg/ha (><600 mm reën) en 7 -15 kg/ha (>600 mm reën) aanbeveel. Die hoeveelheid saad is hoër as dit breedwerpig gevestig word (15-20 kg/ha).

Bemesting is baie soortgelyk aan mielies. Stikstof word gewoonlik met plant in die vorm van ’n kunsmismengsel toegedien, waarna verdere stikstof as bobemesting ná elke benutting toegedien word teen 20-40 kg N/ha. Fosforvlakke moet ideaal gesproke 15 mg/kg of meer wees. Die toegediende fosfaat behoort voorsiening te maak vir die hoeveelheid fosfor (P) wat deur die gewas verwyder word.

As kuilvoer gemaak gaan word, behoort bykomende kalium toegedien te word om te verseker dat kaliumvlakke in die grond dieselfde bly. Dit kan voor plant uitgesaai word of met ’n bobemesting van stikstof gekombineer word.

Voorsorgmaatreëls

Boere wat ’n voersorghumbaster gebruik, moet bewus wees dat waar voersorghum onder stremmingtoestande verkeer, dit ’n gevaar van blousuurvergiftiging of opblaas kan inhou. Sorghum- en soedan-grasplante bevat ’n suikerverbinding, sianoglukosied.

Die verbinding is nie op sigself skadelik nie. As die plante egter aan stremming, soos vertrapping, koue, haelskade, droogte en verwelking, blootgestel word, kan die sianoglukoside verander na ’n nuwe verbinding, naamlik waterstofsianied (HCN) of blousuur.

Die sianoglukosied-inhoud is die hoogste in jong plante. Daarom is dit beter om plante nie te bewei of te sny voor hulle ongeveer 50 cm hoog is nie. ’n Swaellekaanvulling kan die risiko van blousuurvergiftiging en opblaas help verminder.

Hoewel plantwortels stikstof (N) opneem as ammonium- (NH4 +) en nitraat- (NO3 - ) ione, oorheers nitraat onder die meeste grondtoestande. In buitengewone omstandighede (aanhoudende bewolkte weer en ’n hoë stikstoftoediening) kan die tempo van opname egter die tempo van nitraatvermindering oorskry, wat tot ’n ophoping van nitraat in die plante lei.

Herkouers met hoë nitraatvlakke in hul dieet kan nitriet (NO2 - ) akkumuleer. As dit gebeur, kan die oormatige nitriete in die bloed met hemoglobien kombineer om methemoglobien te vorm. Dit staan bekend as nitraatvergiftiging en is giftig vir diere.

Diere moet vir ’n week of twee verwyder word tot toestande na normaal terugkeer. Die gewas behoort nie vir drie weke ná ’n bobemesting bewei te word nie.

Beperk elke bobemesting tot minder as 70 kg N/ha om veilig te wees.

Mnr. Bruce Paterson is ’n landboukundige van Pannar Saad vir KwaZulu-Natal en die Oos- en Wes-Kaap. 

Navrae:
Mnr. Bruce Paterson, 060 970 0717, e-pos: bruce.paterson@pannar.co.za; web: pannar.com, of kontak jou naaste Pannarverteenwoordiger.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot