AFGRI
BEAN
06 Des
-
7501
0,00
CORN
06 Des
-
3735
28,00
SOYA
06 Des
-
7544,8
44,80
SUNS
06 Des
-
10820
102,00
WEAT
06 Des
-
6220
-5,00
WMAZ
06 Des
-
3520
17,00
YMAZ
06 Des
-
3755,4
16,40
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Voorkom chemiese skade aan jong plante

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
 Figuur 1: ’n Mieliesaailing wat asetamiedskade vertoon. FOTO: VERSKAF
Figuur 1: ’n Mieliesaailing wat asetamiedskade vertoon. FOTO: VERSKAF
Die toediening van onkruiddoders veroorsaak soms probleme, maar die boer kan dit systap deur ingelig te wees.

Wanneer planttyd vir somergewasse aanbreek, weet ’n mens nie wat klimaatstoestande in die seisoen gaan wees nie. Die gebruik van chemiese onkruiddoders het so deel van produksiepraktyke geword dat probleme ten opsigte van toedieningsmetodes en dosisse kan ontstaan, omdat omgewingsfaktore en grond verskil. 

Dit bly belangrik om by die etiketaanbevelings te hou om die doeltreffendheid van onkruiddoders te optimaliseer. Skadesimptome kom egter elke seisoen voor. Die korrekte identifikasie van simptome is dus noodsaaklik, asook om risiko’s sover moontlik te systap.

Diagnose van abnormaliteite 

Wanneer chemiese skade op saailinge vermoed word, is ’n sistematiese ondersoek na die oorsaak van die skade nodig op drie vlakke, naamlik:

1. voorkoms van die land;

2. simptome op geaffekteerde plante; en

3. simptome op plantdele, byvoorbeeld blare of stamme.

Daar moet ook bepaal word of die simptome in die land herhalend van aard of lukraak is.

Gereelde patrone kom dikwels voor as gevolg van:

  • Oorvleueling van spuittoediening.
  • Grondverdigting.
  • Spuittenkbesoedeling.
  • Mengfoute van chemiese middels.
  • Toedieningsfoute.
  • Winddrywing.

Lukrake patrone as gevolg van omgewingsfaktore sluit dikwels die volgende in:

  • Onkruiddoderoordrag vanaf die vorige seisoen (byvoorbeeld atrasien ná ’n droë seisoen).
  • Spuitdrywing.
  • Topografie (bv. sywaartse watersyfering).
  • Weerstoestande (koue en nattigheid).
  • Plantstres (koue of hitte).
  • Grondvogtoestande (dikwels ekstreem).
  • Klei-inhoud/organiese materiaal.

Plantstrukture verskaf dikwels leidrade ten opsigte van die tyd en bron van die skade, byvoorbeeld:

  • Saailinge of groter plante.
  • Wortelskade.
  • Onderste of boonste blare.
  • Koppe of pitte.
  • Kombinasies van bogenoemde.

Dit is nodig om te bepaal wanneer die besering plaasgevind het, naamlik:

  • Gedurende of net ná saailingverskyning.
  • Goeie aanvanklike stand en groei, en daarna die besering.

Grasdoder-onkruiddoders 

Om die geheue te verfris word die grasdodergroep van vooropkomsonkruiddoders uitgelig. Hierdie chemiese groep sluit in asetamiede, chloro-asetamiede en oksie-asetamiede, met aktiewe bestanddele soos alachlor, acetochlor en metolachlor. Die werking van hierdie groep grasdoders vertraag die vorming van selmembrane en onderdruk só onkruidgroei.

Omdat die mielieplant ook tot die grasfamilie behoort, word beveiligers by hierdie chemiese middels gevoeg ten einde veilige gebruik by mielies te verseker.

Die grond se klei-persentasie word in ag geneem om die korrekte dosis van die grasdoder te bepaal. Probleme duik gewoonlik op wanneer (veral met vroeg plant) die nagtemperature laag daal. Die mieliesaailing se koleoptiel druk dan stadiger deur die onkruiddodersone as normaal en neem in die proses meer grasdoder op as wat dit moet.

Figuur 1 vertoon asetamiedskade en hier word die tipiese grasdoderskade (verwronge saailing) gesien. Figuur 2 dui butilaatskade aan. Voorkom dit deur onkruiddoder sonder beveiliger toe te dien. As die opkoms vertraag word as gevolg van koel, nat grond kan dit ook voorkom word.

Produsente wat vroeg wil plant, moet die weervoorspellings goed dophou om die kans op laat koue ná planttyd te minimaliseer en hierdie gepaardgaande probleme te systap.

Mnr. AJ Steyn is ’n veld-agronoom by Pioneer SA.

VERWYSINGS: Bernards, Mark L. Herbicide Injury simptoms in corn, University of Nebraska, 2009. Clay, Sharon A. Herbicide Injury to corn. Chapter 42, I Grow corn. SDSU Extension. 

NAVRAE:
Pioneer-webblad: www.pioneer.com/za of stuur ‘n e-pos na info.rsa@pioneer.com.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
+0.2%
Rand - Pond
21.23
+0.1%
Rand - Euro
18.10
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.25
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Goud
1,782.09
-0.1%
Silwer
22.41
-0.6%
Palladium
1,793.86
-1.2%
Platinum
937.89
+0.2%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,421
+0.2%
Alle aandele
70,926
+0.2%
Hulpbronne 10
66,866
+0.5%
Industriële 25
93,667
-0.1%
Finansiële 15
14,008
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie boek
Ek is n 34jaar oue goeie man wat opsoek is vir n vrou wat haar lewe met my wil deel is ek is n kind van God en sal graag iemand wil hê met die selfde waardes ek is n ou wat...
Ek is jou Verlore legkaart
God kom eerste in my lewe, verder is ek maar net ek een uit n duisend, rustig lief vir als wat mooi is positief en aan die gang kom leer my ken en beslyit vir jouself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot