
Navorsing toon dat die oespotensiaal vir die volgende groeiseisoen reeds bepaal is teen die tyd dat wingerde die winterdormansieperiode ingaan.
Gedurende oestyd word ’n groot aantal voedingstowwe saam met die druiwe uit die wingerd verwyder. Gevolglik is nie alle voedingstowwe beskikbaar vir die eerste 30 dae ná bot nie en moet wingerde swaar staatmaak op koolhidraatreserwes, opgebou gedurende die vorige seisoen.
Ongeveer 30% van die jaarlikse stikstof en fosfor, 20% van die kalsium en magnesium, asook 15% van die kaliumvereistes kom uit opgebergde reserwes wat ná oes opgeneem is.
Ander voedingstowwe soos boor, sink, koper, mangaan, yster en aminosure is net so belangrik vir ’n suksesvolle opbrengs die volgende seisoen.
Na-oesbemesting
Na-oesbemesting is noodsaaklik om te verseker dat wingerde voldoende energie het vir gesonde wortel-, oog- en botgroei vroeg in die lente. Voedingstowwe wat na-oes toegedien word, verplaas van die blare na meerjarige weefsel waar dit as koolhidraatreserwes (stysel en suikers) opgeberg word.
Dié reserwes word gebruik gedurende die vroeë, vinnige groeiperiodes (lente) voordat wortels voedingstowwe uit die grond kan opneem en/of voldoende blaaroppervlak vir fotosintese teenwoordig is.
Lae koolhidraatreserwes aan die begin van die seisoen sal die wingerd se vroeë groei en potensiële opbrengs aansienlik benadeel. Aangesien koolhidraatopberging fotosintese vereis, moet na-oesbemesting toegedien word terwyl daar nog ’n voldoende aantal gesonde blare is. Doeltreffende na-oesbemestingsprogramme kan lei tot sterker ooggroeikrag, verbeterde vrugset en vroeë vrugtegroei, asook verhoogde winterhardheid en beter koueverdraagsaamheid in die lente.
Hoekom aminosure?
Nadat wingerde stikstof opgeneem het, word dit omgeskakel na aminosure. Deur aminosure direk deur die blare op te neem, deur middel van blaartoedienings, word beuidend minder energie gebruik teenoor opname in die vorm van nitraat (NO3-) of ammonium (NH4+) vanaf grondstikstofbemesting. Die plant kan dié bykomende energie benut om die grondtoegediende stikstof na aminosure om te skakel om groeiprosesse aan te help.
Die opname van blaarbespuitings is beter omdat dit nie afhanklik is van aminosuurvervoerders nie. Blaartoediening van aminosuurmengsels het bewese voordele in wingerde, wat insluit verhoogde chlorofilproduksie, koolhidraat- en proteïenvervaardiging en -opberging, asook abiotiese stresvermindering.
Nutrico se reeks na-oeswingerdblaarvoedings is ’n wetenskap. Dié produkte is nie net spesifiek ontwikkel om die opname van voedingstowwe en die verplasing daarvan van die blare na meerjarige weefsel te verhoog nie, maar ook om die grondlewe en daaropvolgende voedingstofsiklus oor die dormante tydperk te verbeter (sien Figuur 1).
Biosynth Super (reg.nr. B4222, Wet 36 van 1947) bestaan uit stikstof (N), fosfor (P) en gecheleerde mikro-voedingstowwe in ’n sinergistiese kombinasie met Ascophyllum nodosum-seewierekstrak, asook hoë vlakke van aminosure. AminoFul (reg.nr. B4430) bevat noodsaaklike aminosure en fulviensuur vir vinnige en doeltreffende opname.
Kontak jou naaste handelaar van Nutrico se na-oeswingerdblaarvoedings om volgende jaar se sukses nóú te skep.