
Saam met klimaatsverandering kan dit aanleiding gee tot grootskaalse verliese weens erosie. Daar is egter sogenaamde bewaringspraktyke wat dié tendens kan teenwerk, en talle boere het al hiermee groot welslae behaal.
In die episode van Tech Terrain gesels mnr. Theo Vorster met dr. Hendrik Smith van Graan SA oor die beginsels van bewaringslandbou en waarom boere dit behoort te oorweeg.
Kyk die nuutste episode Donderdag om 16:00 op www.techterrain.co.za of in die video hier bo. Die vorige episodes en bonusmateriaal van Tech Terrain is ook beskikbaar om te kyk.
Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.