
Boere, plaaswerkers en diensverskaffers word dikwels blootgestel aan chemikalieë en stowwe, of potensiële gevaarlike patogene en siektes. As dit nie voldoende en veilig bestuur en hanteer word nie, kan dit ’n verwoestende effek hê op die omgewing, mense, lewende hawe en plante. Heelwat navorsing en tegnologie word aangewend vir optimale opbrengste, dierebeskerming, en om dit veilig te doen.
Die aanbieder van Tech Terrain, Theo Vorster, gesels in die alteljee met mnr. IB Oosthuizen, landboudirekteur by McCain Foods South Africa, om biosekuriteit in perspektief te plaas.
Dan gesels mnr. Dirk Uys, gewasbestuurder by Hortologie Afrika by Bayer, oor die fyn balans tussen optimale produksie en risiko.
Mnr. Nelius Oosthuizen, area verkoopsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika (JD SSA), en mnr. Shaun van Jaarsveld, produksie-stelsel spesialis van JD SSA, is in die ateljee en gesels oor die nuutste tegnologie in spuite.
Kyk die nuutste episode Donderdag om 16:00 op www.techterrain.co.za of in die video hier bo. Die vorige episodes en bonusmateriaal van Tech Terrain is ook beskikbaar om te kyk.
Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.