
Die aanbieder Theo Vorster gesels in die ateljee met mnr. IB Oosthuizen, landboudirekteur van McCain Foods, en me. Belinda Louw, direkteur van die Peritum Agri Institute, oor ontwikkelings in grondgesondheid, waterbestuur en heelwerktuie. Ook onder bespreking is die kwessie van arbeid en hoëvlak-opleiding om die nuutste tegnologie op grondvlak in werking te stel en te bestuur.
Mnr. Jaco Minnaar, leierboer wat naby Hennenman boer, kom gesels oor sy presisielandboupraktyke, en die waarde van die wetenskaplike proewe wat op sy plaas gedoen word.
Mnre. Stephan Nel, bemarkingsbestuurder van John Deere in Afrika suid van die Sahara (JD SSA), en Wayne Spaumer, produksiestelselspesialis by JD SSA, is in die ateljee en gesels oor die evolusie van landboutegnologie, en wat in die toekoms te wagte kan wees.
Kyk die nuutste episode Donderdag om 16:00 op www.techterrain.co.za of in die video hier bo. Die vorige episodes en bonusmateriaal van Tech Terrain is ook beskikbaar om te kyk.
Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.