
Die aanbieder van Tech Terrain, Theo Vorster, gesels in die alteljee met mnr Richardt Venter, internasionale kuilvoerkonsultant by AgSci. Venter deel waardevolle insigte en inligting rondom tendense.
Die span kuier ook by Hurwitz Farming en gesels met mnr. Jarren Hurwitz oor die kuilvoer wat hulle vir hulle voerkraal maak, asook oor kontrakteurswerk wat hulle op ’n groot skaal regoor die land doen.
Mnre. Pieter Pienaar en Nelius Oosthuizen, beide verkoopsbestuurders van John Deere Sub-Sahara Africa, gaan ook praat oor die pasgemaakte oplossings wat John Deere in die veevoerbedryf bied.
Kyk die nuutste episode Donderdag om 16:00 op www.techterrain.co.za of in die video hier bo. Die vorige episodes en bonusmateriaal van Tech Terrain is ook beskikbaar om te kyk.
Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.