
Case IH het die bekroonde Patriot 50-reeks spuite by sy reeks selfaangedrewe landboutoerusting in Suid-Afrika gevoeg. Met ’n uitsonderlike operateursomgewing, volledige voertuigbeheer, beter verbindingsoplossings en geïntegreerde spuittegnologie is die Patriot 50-reeks spuite ontwerp om operateurs te help om produktiewer te werk en hoogs doeltreffend te bespuit.
Drie nuwe modelle – die Patriot 3250, 4350 en 4450 – is nou in Suid-Afrika beskikbaar. Met ’n tenkvermoë van 6 050 liter, aangedryf deur die bekende Case IH FPT-enjin met spitskrag van 310 kW, en die vermoë om teen snelhede van 0-60 km/h te werk, sal die indrukwekkende vlagskipmodel, die Patriot 4450, by die Case IH-standplaas te sien wees.
“Vandag se boere is op soek na volledige voertuigbeheer en betroubare kenmerke om hul produktiwiteit te verbeter,” sê Stephan Nel, besturende direkteur van Case IH Suid-Afrika. “Elke detail van die reeks Patriot 50-spuite lewer ’n nuwe vlak van doeltreffendheid tesame met ’n ongeëwenaarde daaglikse operateurservaring.”
Jongste tegnologie dryf balers aan
Danksy sy jare lange ondervinding met die LB XL-reeks brei Case IH sy balerreeks met die nuwe LB436 HD-baler uit. Case IH se balers is toegerus met gevorderde tegnologie om boere van uitstekende gehaltehooi en -opbrengste te voorsien. Dié reeks is duursaam, betroubaar en doeltreffend. Dit is spesifiek ontwerp om deurlopend hoëgehaltebale te lewer.
Kapasiteit en digtheid is die hart agter die ontwikkeling van die LB436 HD. Talle nuwe kenmerke, soos ’n gepatenteerde tweegangratkas, hersiene suiers, TwinePro-tweeknoptegnologie, en ’n hidroulies gestuurde tandem-onderstel, stel nuwe standaarde in baaldigtheid en grondspoed.
Case IH-balers is gewild onder boere reg oor die wêreld en is bekend om hul werkverrigting, veelsydigheid en gebruiksgemak. Of jy nou ’n baler vir klein of groot hooibale benodig, Case IH het ’n model wat in jou behoeftes sal voorsien.
Grondwetenskap en presisietegnologie perfekte pasmaats
Die strewe na ’n doeltreffender boerdery met groter wins beteken Suid-Afrikaanse boere belê al hoe meer in presisietoerusting. Om die regte stap op die regte tyd en op die regte plek te doen, verg egter meer as net die regte toerusting. Jy benodig ook die regte inligting, wat deurgaans versamel, sinvol verwerk en aangewend word om die potensiaal van presisietoerusting tot hul volle reg te laat kom.
Ten einde twee sinergistiese wêrelde byeen te bring en dit vir boere makliker te maak om die regte stap op die regte tyd en plek te doen, bied Case IH en Agri Technovation ’n reeks tegnologiedae waar die belangrikheid van presisietegnologie en akkurate data-ontleding oorgedra word. Case se presisietegnologie-span sal by sy standplaas op die Nampo-oesdag beskikbaar wees om die heel nuutste ontwikkeling in presisietegnologie en data-ontleding met boere te bespreek.
Case IH vier 100 jaar van Farmall-nalatenskap
Die Farmall® is ’n legendariese ikoon in die Case IH-stal. Elke nuwe Farmall-model is getransformeer om geslag ná geslag in boere se behoeftes te voorsien. Vanjaar word hierdie 100 jaar se nalatenskap gevier! Maak nie saak wat die toepassing op jou plaas is nie, Case IH het ’n veelsydige reeks trekkers wat perfek is vir enige boerderytaak.NAVRAE: