Selfs in só ’n reuseonderneming glo hy dit regverdig nooit ’n gesiglose transaksie nie.
Niks gebeur stadig waar mnr. Jacques Taylor betrokke is nie. Dit beteken egter nie oorhaastig nie, en alles wentel om volhoubaarheid – nie net van ’n besigheid nie, maar ook van die landbou.
Om een van die grootste plaaslike landbou-en-boutoerustingmaatskappye te bestuur, verg ’n kristalhelder toekomsvisie en ’n bereidwilligheid om die verskillende spanne die nodige ruimte te gee. Landbouweekblad het Taylor oor sy werk en toe- komsvisie uitgevra.