AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Goeie besluite maak dié skaapras steeds gewild

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Deur die regte besluite te neem het die SA Vleismerino-telersvereniging dié ras se toekoms verseker.

SA Vleismerino-ramme het laas jaar rekordpryse op veilings behaal en daar is ’n baie goeie rede daarvoor.

“Die stoetbedryf is verantwoordelik om goeie teelmateriaal aan die kommersiële bedryf te verskaf en daarom is dit nodig om gereeld te kyk of jy nog voldoen aan dit wat vereis word, en of dit wat jy aan die bedryf verskaf, presteer,” verduidelik mnr. Manie Lombard, voorsitter van die SA Vleismerino-telersgenootskap (SAVM). “Daarom het ons in 2017 ’n paar belangrike besluite geneem. Die eerste een was om by die bewese tipe dier – dit wat hom so gewild maak in Suid-Afrika – te bly. Dit beteken ’n mediumraam-tipe met ’n sterk konstitusie, wat homself kan handhaaf.”

’n Sterk konstitusie verwys na die skaap se goeie bespiering, herstelvermoë en loopvermoë. Dié ras is ook goed aangepas op ekstensiewe en intensiewe omstandighede.

“Tweedens het ons met die samewerking van SA Stamboek teelwaardes geformuleer wat ’n klem plaas op ekonomiese belangrike eienskappe,” sê Lombard.

Goeie pryse

Die SAVM-telersgenootskap het ook ander inisiatiewe van stapel gestuur. Hulle het byvoorbeeld begin om so ver moontlik jong ramme by veilings te verskaf wat vrugbaar, fiks en maklik aanpasbaar is.

“Om terug te keer na die bewese tipe SA Vleismerino het meegebring dat daar die afgelope drie jaar minder, maar werklik goeie gehalte ramme deurgaans op veilings aangebied is. Dit het ook bygedra tot die goeie pryse wat ramme op veilings behaal,” sê mnr. Jan Vosloo, bestuurder van die SAVM-telersgenootskap.

“Die regte en betroubare mediumraam-tipe ramme en hoogs produktiewe ooie sal in Suid-Afrika altyd die toets van die tyd kan deurstaan.”

SAVM
SAVM
SAVM
SAVM
SAVM

Kruisteling en wol

Die SAVM is ’n ware dubbeldoelras wat nie net gewild is as vleisskaap nie, dié ras word gereeld deur wolboere in kruisteling ingespan. Dit is die SAVM se steekhaarvrye wit wol wat hierin sy geheime wapen is.

“Ons is trots op die wol. Dis van goeie gehalte en dit word gehandhaaf deur seleksie en keuring. Omdat dit wit wol is met ’n veseldikte rondom 22 mikron, beveel ons die ras met vrymoedigheid aan vir kruisteling,” sê Lombard.

Die voordeel wat die SA Vleismerino het, is dat hy kan toevoeg tot lamsvleisproduksie van enige wolras, sonder om die gehalte van die skeersel te benadeel, juis omdat dit steekhaarvry is.

Skoue en veilings

Die SAVM se ramskoue is ook gewild en sy nasionale skou word elke jaar in Bloemfontein gehou. In 2022 was daar sowat 450 raminskrywings en vanjaar 461 inskrywings.

“Dit is altyd ’n mooi skouspel en daar is sterk kompetisie,” sê Lombard. “Ons gebruik gewigsklasse en ’n boonste gewigsgrens. Dan is daar ook streekskoue wat die klubs aanbied, wat ’n goeie geleentheid is vir jong en beginnertelers om mekaar te leer ken.”

Vanjaar se nasionale kampioenskapskou vir ramme word op 14 en 15 Maart by die Bloemskou-terrein gehou.

In Augustus is daar vier nasionale veilings waarvoor enige SAVM-teler kan inskryf. Dit vind plaas op:

· Die eerste Woensdag, 2 Augustus 2023, by Bloemskou se terrein.

· Die Dinsdag daarna, 8 Augustus 2023, by die VKB-veilingsentrum naby Frankfort.

· Die derde Woensdag, 16 Augustus 2023, by Wolmaransstad se Boeresaal.

· Die laaste Dinsdag, 29 Augustus 2023, by die Hoëveld-veilingsentrum buite Standerton.

Navrae:
SA Vleismerino-telersgenootskap, e-pos: sammsheep@yebo.co.za; web: www.savleismerino.net
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot