
Die voerkraal, wat ’n integrale deel van die boerdery is, kan tot 8 000 speenkalwers op ’n keer hou. Die boerdery koop ook die nageslag van sy bulle wat verkoop is, teen ’n premie terug om gehalte te verseker.
Bek-en-klouseer en die onlangse verbod op veilings in vier provinsies het die vleisbedryf hard getref. Dewald Oliver van die Suid-Afrikaanse voerkraalvereniging gesels oor die impak van dié terugslae op die bedryf.