
Die Russe is hier! ‘n Russiese stroper, die Rostelmash Torum 780, is op die Nampo-Oesdag vertoon. Dit word as ‘n funksionele stroper en goeie waarde vir geld beskryf.
Die stroper word deur 'n kombinasie van beide gevorderde elektronika én basiese onderdele gekenmerk. Dit spog onder meer met 'n ingeboude kompressor waarmee die bande gepomp kan word. Prys: R4,446 miljoen. Rig navrae aan mnr. Gys Olivier by sel 082 575 7028.