In een van dié gevalle het ’n spuit en drie trekkers verlede week op ’n plaas in die distrik Middelburg in Mpumalanga vasgeval.
’n Bron wat op die toneel was, het aan Landbouweekblad bevestig dat die spuit eerste vasgeval het nadat voor-opkomsbemesting op sojabone toegedien is. “Die bogrond was redelik droog, maar die ondergrond was sopnat en die spuit het vinnig tot op sy as weggesak. Daarna is probeer om die spuit eers met ’n John Deere en daarna met twee CaseIH-trekkers uit te sleep, maar dié het ook weens die nat toestande vasgeval. Ons moes uiteindelik twee CaseIH Quadtrac-trekkers gebruik om die trekkers en spuit uit die modder te trek.”
Intussen duur die moeilike toestande voort met boere in die omgewing wat 10% tot 12% van hul landerye nie vanjaar sal kan beplant nie.Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.