
In hierdie week se aflewering van Landbou-kortliks doen ons verslag oor hoe jy voorbereid kan wees rondom besettings, wat Carel Nel met sy Drakensberger-stoetery reg kry, wat die stand van sake rondom bek-en-klouseer is en hoekom dit nou jou laaste kans is om vir die Landbouweekblad en Nampo Kaap boereplan-kompetisie in te skryf.