AFGRI
BEAN
20 Me
-
9822
0,00
CORN
20 Me
-
4913
0,00
SOYA
20 Me
-
8967
0,00
SUNS
20 Me
-
10776
0,00
WEAT
20 Me
-
8308
0,00
WMAZ
20 Me
-
4576
0,00
YMAZ
20 Me
-
4700
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Ana maak ’n swaar Noord-Kaapse draai

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Thys du Plessis
Ter illustrasie. Foto: Thys du Plessis
Oorblyfsels van die tropiese storm Ana gaan van die naweek af na verwagting swaar reën na dele van Namibië en die Noord-Kaap bring.

Die tropiese storm Ana volg nie die normale patroon van so ’n storm oor Suider-Afrika nie. Volgens die normale patroon beweeg so ’n storm weswaarts oor Madagaskar, oor die Mosambiekkanaal en sal dit dalk die vasteland tref voordat dit suidwaarts en later suidooswaarts in die Mosambiekkanaal in die Indiese Oseaan in wegbeweeg.

“Ana het reguit weswaarts beweeg en verswak en geensins ’n poging aangewend om in die kanaal weg te beweeg nie,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Die oorblyfsels van Ana bestaan nou as ’n laagdrukstelsel oor die noordwestelike dele van Botswana op die grens met Angola en Namibië.”

In die volgende paar dae gaan hierdie sterk laagdrukstelsel suidwaarts draai en ver sterk oor Namibië. Die stelsel sal na verwagting teen môre (29 Januarie) oor die noordelike dele van die Noord-Kaap wees.

“Swaar reën gaan voorkom oor die oostelike en suidoostelike dele van Namibië, asook oor die sentrale tot westelike dele van die Noord-Kaap vanaf veral Sondag en Maandag (30 en 31 Januarie). Voorspellings dui dat meer as 50 mm moontlik is vanaf ongeveer 29 Januarie tot 3 Februarie,” sê Van den Berg. “Dit is veral in die gebied oos van Prieska tot anderkant Pella en suidwaarts tot byna die suidelike grens van die Noord-Kaap wat swaar reën kan verwag. Die stelsel kan suidooswaarts asook ooswaarts uitbrei vanaf 2 Februarie, met swaar reën oor gedeeltes van die Oos-Kaap en ligter neerslae oor die meer noordelike provinsies.

“Daar is dus ’n risiko van swaar reën van meer as 50 mm met moontlike oorstromings langs die Benede-Oranjerivier, wes van Prieska vanaf veral Sondag 30 Januarie.  Die groot risiko is dat die Oranjerivier steeds baie hoë vlakke sal ervaar in die volgende week en nog reën kan groot skade veroorsaak as gevolg van water wat na die oorvol rivier vloei en opdammings kan veroorsaak as gevolg van keerwalle en ander versperrings, asook die hoë watervlak.”

Daar is dus nie net ’n risiko vir byna die hele rosyntjie-oes en ander druiwe wat nog nie geoes is nie, maar ook vir infrastruktuur en wingerde self. “Wees dus waaksaam vir die tydperk vanaf 30 Januarie tot ongeveer 5 Februarie. Waar moontlik moet werktuie en pompe na hoër grond verskuif word langs die Oranjerivier,” sê Van den Berg.

*Intussen het die weerkantoor vanmiddag luidens 'n verklaring aangedui dat 'n tweede gematigde tropiese storm, Batsirai, tans oor die verre oostelike dele van die Suidwes Indiese Oseaankom lê. Batsirai sal na verwagting weswaarts beweeg en Mauritius teen volgende week bereik.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vriende, kuier en wie weet vorentoe
Ek is vriendelik, hou van grappies maak en speel aanlyn games. Behoort aan n tennis klub en geniet series en flieks te kyk. Soek graag iemand om mee saam dit als te doen en saam...
Vertel my van jou..!!
Hallo. Ek is n mamma van n tweeling van 20jr. Nou tweedle jaar op Tuks. Bly alleen. Soek graag n maat vir geselskap!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot