AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Baie koue toestande teen die naweek verwag

akkreditasie
Ter illustrasie: Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie: Foto: Alani Janeke
Ná temperature effens begin styg het nadat groot dele van Suid-Afrika ’n koue Julie beleef het, word voorspel dat temperature teen die einde van dié week weer skerp kan daal.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê dit is veral die besproeiingsgebiede van die Noord-Kaap en dele van die Langkloof wat skade kan ly met die skerp temperatuurdalings wat van 6-8 Augustus verwag word.

“Skielike koue tydperke word ook teen einde Augustus en selfs tot in September verwag, soos wat die geval was in die jare met baie koue toestande in Julie, soos 2017 en 2020. Boere moet dus waar moontlik nie bome en druiwe te vroeg stimuleer vir bot nie.”

Van den Berg sê hoewel toestande vir kleinveeboere met kaalgeskeerde skape of wat nog hul skape moet skeer, gunstig lyk, gaan minimum temperature laag bly.

“Baie min of geen reën word vir minstens die volgende twee weke verwag nie. Daar moet egter altyd gelet word op vinnige veranderings in die weer wat wel kan plaasvind. Let veral op na die laaste week van Augustus.” 

Nuwe koue rekords?

Die skerp lae minimum temperature wat veral in die derde week van Julie oor dele van die land voorgekom het, was van die laagste op rekord. Van den Berg kyk veral na die gemiddelde minimum temperatuur by Bothaville in die Noordwes-Vrystaat in Julie om die skerp daling in temperature in perspektief te stel. Die gemiddelde minimum temperatuur in dié maand was -3,55 °C, wat amper 1 °C laer was as die gemiddelde minimum temperatuur van -2,59°C in Julie 2020. Die gemiddelde minimum temperatuur daar vanaf 2000 was -0,4°C.

In Julie 2021 het die distrik net op vier dae minimum temperature bo vriespunt aangeteken – op 7, 8, 9 en 12 Julie. “Dit is ’n bewys van die intensiteit van die koue wat ervaar is.”

Prieska in die Noord-Kaap het sy tweede koudste Julie aangeteken met die gemiddelde minimum temperatuur in Julie 2021 wat -1,97 °C was, teenoor die gemiddelde van -2,5 °C wat in 2017 aangeteken is. Die gemiddelde temperatuur in Julie 2020, die derde laagste op rekord, was -1,48 °C.

In 2017 en 2020, toe Julie ook baie koud was, het temperature onder vriespunt nog teen einde September by Prieska voorgekom (op 27 September 2017 het dit tot -1,73 °C gedaal en op 30 September 2020 tot -0,36°C) en baie groot rypskade veroorsaak.

Van den Berg waarsku hoewel temperature tans besig is om te styg, is die kans – soos die afgelope paar jaar – baie goed vir ryp en koue oor die sentrale tot suidelike dele tot minstens die laaste deel van September. 

Hoe lyk reënvalvooruitsigte?

Namate die winter einde se kant toe begin staan, neem die gereeldheid van koue fronte af en raak die fronte minder intens. Gevolglik neem die kans op reën in die winterreënstreek af, hoewel die kans op ligte neerslae teen die middel en die einde van Augustus, asook in die eerste deel van September goed lyk. Verdere reën in volgende twee maande is veral goeie nuus vir wintergraanboere.

Baie min of geen reën word vir minstens die volgende twee maande oor die grootste deel van die Klein-Karoo verwag, met die droogte wat na verwagting sal voortduur.

“Dieselfde geld die sentrale tot suidelike binneland van die Oos-Kaap, asook die suidwestelike dele van die Noord-Kaap,” sê Van den Berg.

“Die oostelike kusgebiede van die Oos-Kaap tot by KwaZulu-Natal kan reën begin verwag vanaf September, en die reën sal volgens voorspellings van Oktober af na die binneland van KwaZulu-Natal en Mpumalanga begin beweeg.”

Die La Niña-stelsel wat tans ontwikkel en die gunstige see-oppervlaktemperature wat in die Indiese Oseaan voorkom, sal na verwagting goeie neerslae van Oktober, en veral van November, in die oostelike en sentrale binneland tot gevolg hê. Dit kan in Desember uitbrei na die westelike binneland.

“Dit is steeds baie onseker of die ontwikkeling sterk genoeg gaan wees vir reën om na die droogtegeteisterde gebiede van die suidelike en suidwestelike binneland uit te brei,” sê Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot