AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9988,8
-9,20
CORN
22 Mrt
-
4454,6
-10,40
SOYA
22 Mrt
-
8920
-313,00
SUNS
22 Mrt
-
9125
-270,00
WEAT
22 Mrt
-
6540
-102,00
WMAZ
22 Mrt
-
3867,8
-82,20
YMAZ
22 Mrt
-
4081,4
-77,60
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Boerdery verloor 50 000 kuikens in storm

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een van S.P. Grobler se hommeltuigfoto's
Een van S.P. Grobler se hommeltuigfoto's
'n Wolkbreuk het Maandagnag groot skade op 'n plaas by Hoopstad veroorsaak.

Altesaam 50 000 agt dae oue kuikens het in die slag gebly toe sowat 80 mm reën in net 30 minute geval het by die Susanna’s Post-boerdery naby Hoopstad in die Vrystaat.

Mnr. S.P. Grobler sê dit het Maandagaand (13 Desember) liggies begin reën en so rondom middernag was daar skielik ’n wolkbreuk. “Ons bepaal nog al die skade, maar benewens die kuikens lyk dit voorlopig of sowat 150 ha se jong mielieplantjies wat verlede week begin opkom het, ook daarmee heen is. Die plantjies was so 5 cm tot 8 cm hoog.”

Susanna’s Post is ’n familieboerdery wat aan Grobler (27) en sy pa, mnr. Boeta Grobler (56), behoort. Dis ’n gemengde boerdery. Mielies is hul hoofvertakking. Hulle boer ook met wild, skaap en het agt hoenderhuise. In elke hoenderhuis word sowat 50 000 kuikens en jong hoenders aangehou wat geslag word wanneer hulle 32 dae oud is.

Hulle het ook ’n meule waar mielies van die omgewing gemaal word. Die boerdery het verskeie stukke grond, maar die deel wat Dinsdag in die vroëe oggendure deur die storm getref is, is op die kruising van die R59 tussen Hoopstad en Bothaville, en die R505 tussen Wesselbron en Makwassie. 

sp hoenderhuise
Foto: SP Grobler
sp hoenderhuise
Foto: SP Grobler
sp hoenderhuise
Foto: SP Grobler

“Die boerdery se naam is Susanna’s Post omdat daar jare gelede ’n poskantoor hier was waar al die boere van die omgewing hul pos kom kry het,” sê SP.

Soos alle boere is hulle natuurlik altyd dankbaar vir reën, “maar om té geseënd te wees is ook nie ’n goeie ding nie”, sê SP.

Die bestuurder van die hoenderhuise het hulle Dinsdag om 01:00 gebel en gesê water is besig om ’n hok te oorstroom en hulle moet kom help.

“Ons het al die plaaswerkers bymekaar gemaak en die mense uit die meule gekry. Hulle het sakke vol sand gemaak en ons het damwalle gebou om die lande om die water te keer wat na die hoenderhuise en meule begin vloei het,” vertel SP.

Hy sê hoewel die groot reën toe verby was, het dit aangehou om saggies te reën en teen Dinsdagmiddag het dit steeds saggies gereën.

Hulle is baie dankbaar dat hulle betyds walle kon bou en slote kon maak om te keer dat die massas water by die meule instroom en die sakke en meel nat word.

“Ons is darem verseker. Ons wag nou vir die assessor om uit te kom en te kyk na die skade. Ek het vanoggend foto’s met my hommeltuig geneem. Ons pomp nou die groot damme water leeg. Die water dam ook op rondom ander hoenderhuise en ons probeer nou maar red wat ons kan.

“Die groot probleem is dat die weervoorspellings daarop dui dat ons nog vir ’n paar dae gaan reën kry en dan sal ons die ander hokke op ’n manier moet beskerm. Die waarskynlikheid is groot dat ons sal moet kies tussen die mielies en die kuikens, en eerder water na die mielielande lei.”

Dan kry hy ’n boodskap van sy pa, hy moet kom: Sy bakkie wat een van die pompe vashou, het nou ook in die water ingesak.

“Ja, wat kan ek sê? Hierdie dinge gebeur met boere en dit help nie ons gaan sit nou in ’n hoekie en huil nie,” sê SP.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
+0.1%
Rand - Pond
22.74
-0.4%
Rand - Euro
19.98
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
980.10
+0.8%
Palladium
1,388.01
-1.3%
Goud
1,944.97
+0.2%
Silwer
22.45
+0.2%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,405
+0.9%
Alle aandele
74,886
+0.8%
Hulpbronne 10
65,317
-0.5%
Industriële 25
101,002
+1.2%
Finansiële 15
15,344
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot