AFGRI
BEAN
10 Aug
-
9003
0,00
CORN
10 Aug
-
3985
0,00
SOYA
10 Aug
-
8727
0,00
SUNS
10 Aug
-
10323
0,00
WEAT
10 Aug
-
7058
0,00
WMAZ
10 Aug
-
4178
0,00
YMAZ
10 Aug
-
4167
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Boere dankbaar, maar reën ontwyk steeds dele van Oos-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Boesmansrivier naby Alicedale in die Oos-Kaap loop weer behoorlik vir die eerste keer in ses jaar. Foto: Erik Meyer
Die Boesmansrivier naby Alicedale in die Oos-Kaap loop weer behoorlik vir die eerste keer in ses jaar. Foto: Erik Meyer
Boere in die Oos-Kaap is optimisties oor die somerreënseisoen en dat die seisoene meer na normaal begin terugkeer na baie jare van droogte.

Verskeie dele van die Oos-Kaap het ’n goeie wegspring vir die somerreënseisoen gehad, maar goeie neerslae ontwyk steeds sekere distrikte in die provinsie.

Volgens mnr. Peter Knoesen, voorsitter van die Steytlerville-boerevereniging, het die distrik oor die naweek sy eerste noemenswaardige reën gehad. Dit is ondanks wydverspreide reën wat sedert die aanvang van die somer in die westelike dele van die Oos-Kaap geval het. Die distrikte ervaar al vir verskeie jare erge droogtoestande. Die distrikte sluit in Willowmore, Jansenville, Klipplaat en Graaff-Reinet.

“Die naweek was die eerste keer dat ons kan sê ons het reën gekry nadat dit sewe jaar droog was by ons.”

Hy het 20 mm oor die naweek tot Maandag op sy plaas gemeet, “en dit gaan ’n verskil maak”.

Die Steytlerville-boerevereniging werk saam om voer in te koop, en Knoesen verwag binnekort weer ’n vrag mielies. In die afgelope sewe jaar het meer as 2 300 ton mielies die distrik ingekom. Die boere het vir die meeste daarvan betaal. Die boerevereniging hou jaarliks lootjieverkope om geld in te samel om mielies aan te koop. (Gaan na bit.ly/3IxdPAz om meer daaroor te lees). Hulle samel tans geld in om die vervoer van mielies te subsidieer, wat aansienlik meer kos weens die styging in brandstofpryse.

“Finansieel sukkel die boere nog, want hulle is leeg gevoer omdat hulle al ’n klomp jare voer. Dit wat jy agter is, sal jy nooit inhaal nie, want jy kon nog nie weer op getal kom nie en moet maar ’n tipe bestaansboerdery voer,” sê Knoesen.

Optimisties

Volgens mnr. Jules van Aardt, ’n boer van Bedford, is dit ’n groot verligting om nie meer net te voer weens die vreeslike droogte nie en het die diere se kondisie ook verbeter. Hy het tot dusver 160 mm in ses weke gehad.

bedford droogte
Die verskil wat reën maak... Hierdie foto is op 27 Oktober deur mnr. Jules van Aardt by Bedford geneem
bedford
En die verskil is duidelik na reën. Mnr. Jules van Aardt het hierdie foto op 5 Desember op sy plaas by Bedford geneem

Hy meet gemiddeld 500 mm per jaar op sy plaas, en weens ondergemiddelde reën die afgelope agt jaar het hy ’n hele jaar se reën minder gemeet in dié tydperk.

“Dit is nou groen by ons in die distrik, en die veld is pragtig, maar dit is baie kort. Die soeter grasse is nou besig om te groei. Hoewel dit groen is, gaan die rooigrasse nie baie groei nie, want ons het nie die koue winterstoestande gehad wat die rooigras laat ontkiem nie.”

Hoewel die reën verligting bring, glo hy dat opvolgreën belangrik is. “Ons moet van Januarie tot April goeie reën kry, sodat ons die winter goed kan ingaan. Die vorige paar jaar het ons altyd reeds swaar in die winter ingegaan. As die eerste somerreën dan laat kom, was ons in die moeilikheid.”

Volgens mnr. Erik Meyer, wat naby Alicedale boer, het die Boesmanrivier wat oor sy plaas loop, die eerste keer in die afgelope ses jaar oor sy walle gestoot en is dit die beste wegspring tot die somerseisoen in die afgelope vyf jaar.

boesmansrivier
Die Boesmansrivier naby Alicedale in die Oos-Kaap. Foto: Erik Meyer

“Van die veld se kant af is dit ’n goeie wegspring in die somerseisoen. Die veld is besig om groen te raak, maar daar is nog baie herstel nodig ná die afgelope paar jaar se droogte.”

Meyer sê hy is optimisties oor die komende seisoen. Hy hoop die seisoene is besig om na normaal terug te keer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.59
-0.0%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,789.89
-0.3%
Silwer
20.39
-0.7%
Palladium
2,206.50
-0.7%
Platinum
930.00
-0.8%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Wil die lewe geniet sonder drama met baie pret. Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur. Geniet netjiese tuin.
NOU OF NOOIT
Klein. maar n groot hart vir die regte man daar iewers Moenie kanse vat ek is slimmer as wat jy dink
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot