AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Boere in Tankwa moet ontruim ná naweek se reën

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gebreekte pad en damwal op die plaas Kareekolk. Foto: Vicqui Theunissen
Gebreekte pad en damwal op die plaas Kareekolk. Foto: Vicqui Theunissen
Met die besonder swaar reën wat die afgelope naweek in die Tankwa-Karoo geval het, moes die boerevereniging vanoggend ’n noodoproep op hul WhatsApp-groep plaas om boere te waarsku om hul plase te ontruim.

Mense wat langs die Doringrivier bly, is vanoggend aangesê om hul plase te ontruim omdat daar baie water op pad is, luidens die Facebookblad Visit Sutherland.

Mense en diere moet eers na veiligheid gebring word, en meer nuus is dus nog skaars. Landbou.com kon darem ’n kort boodskap van mnr. André Vermeulen kry. Vermeulen is die eienaar van die Sadawa wildreservaat en boer met skaap ook.

“Dis maar redelik chaos, ons hardloop rond om te kyk of ons mense uit die nood kan help. Ons het gisteraand al mense met hul karre uit die rivier getrek. Daar is maar redelik skade. Ons is al oor die 50 jaar op die stuk grond, maar die riviere het nog nooit so geloop nie.

“Die riviere is nog besig om op te kom en daar word nog reën voorspel. Ons dink die groot water is nog op pad.”

Reën in die Tankwa-Karoo
Saaidamme op die plaas Kareekolk in die Tankwa-Karoo lê kant en wal met water. Foto: Vicqui Theunissen

Mnr. Leon Theunissen van die plaas Kareekolk op die Sutherlandpad sê die vloed is baie ernstig. “Die riviere kom al oor die paaie. Die Doringrivier is in vloed. Daar is al ’n Discovery-voertuig af. Die Grootrivier loop ook oor sy walle.”

Theunissen sê hy het die naweek 95 mm reën op Kareekolk gehad en 130 mm op die plaas wat op die Calviniapad voor die berg is.

Die gebied se infrastruktuur is erg beskadig, sê hy. “Baie plaasdamme se walle het gebreek en daar is mense wie se huise heeltemal tot op die grond vernietig is.”

Volgens hom is baie mense vasgekeer, en ongelukkig waag mense steeds kanse om deur die riviere te probeer ry. Boonop word ’n verdere 37 mm reën voorspel.

Paaie verspoel, drade weggespoel

Me. Carole Pretorius van die plaas Avontuur, wat langs die R355-pad, 22 km van die Touwsrivierafdraai geleë is, sê dit het die afgelope naweek 136 mm daar gereën.

“My plaas is aan die begin van die Tankwa en ek het baie skade gehad. Die paaie het verspoel en die drade het weggespoel. Die Bloedrivier wat oor die plaas loop, kom sommer groot af.”

reën in die tankwa-karoo
Dié dam op me. Carole Pretorius se plaas is vir die eerste keer sedert 2015 weer vol. Hierdie foto is voor die naweek se neerslae geneem toe die dam nog leeg was. Foto: Carole Pretorius
reën in die tankwa-karoo
En nou is die dam vol na die naweek se reën. Foto: Carole Pretorius

Sy het vanoggend gesê sy is nog veilig, maar dat sy alleen op die plaas is en baie skadebeheer moet doen.

Mnr. Marco Combrinck van Gordonsbaai se skoonouers, mnr. Roelf en me. Roenel Haasbroek van die plaas Da Doer op pad na die Tankwa-Karoo Nasionale Park, se huis se dak is afgeruk. Hul nuwe padstal wat in 2023 sou open, se dak is ook afgeruk.

“Sover ek kan aflei, is hulle veilig en niemand is beseer nie. Dis moeilik om by hulle uit te kom, maar ek gaan môre probeer.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+1.1%
Rand - Pond
22.15
+0.7%
Rand - Euro
19.54
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.98
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Platinum
977.66
+0.9%
Palladium
1,479.13
+2.1%
Goud
1,969.79
+0.3%
Silwer
23.56
+1.0%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,011
+0.2%
Alle aandele
76,627
+0.2%
Hulpbronne 10
67,337
+1.0%
Industriële 25
103,167
-0.1%
Finansiële 15
15,621
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot