AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Boere meet 240 mm binne ure by George

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Koring-landerye is onder water in die distrik George gister. Foto verskaf deur Toit Wessels
Koring-landerye is onder water in die distrik George gister. Foto verskaf deur Toit Wessels
Sommige saaiboere in die distrik George het gister binne slegs 'n paar ure 240 mm reën op hul plase gemeet.

Die son skyn vanoggend in die distrik George in die Suid-Kaap waar sommige saaiboere gister binne ure sowat 240 mm reën gemeet het. “Die boere probeer vandag op hul plase rondgaan om vas te stel hoeveel skade daar is en wat herstel moet word,” sê mnr. Toit Wessels, assistent-bestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA.

Sommige boere wat naby die Outeniqua-berge boer, het 200 mm binne slegs ses uur gemeet.

Saaiboere in dié distrik was sowat 40% klaar gestroop aan hul koringaanplantings voor die reën begin uitsak het. “Die koring het groot potensiaal gehad, en die boere hoop dat die water binnekort só sal afdroog dat hulle die oesproses kan voltooi. Hopelik is daar nie groot skade nie, maar dit moenie ’n week of wat lank klam en vogtig bly nie, dan kan die graan skade kry.

“Enige werklike skade aan die graan sal egter eers gesien kan word wanneer dit afgedroog en gestroop is en die gehalte daarvan bepaal kan word,” sê Wessels.

george koring
Water stroom uit 'n koring landery in die distrik George. Foto verskaf deur Toit Wessels
george koring
'n Sopnat landery in die distrik George. Foto verskaf deur Toit Wessels
george reën
Water spoel uit 'n landery uit. Foto verskaf deur Toit Wessels

Die stroopproses in die saaigebiede tussen Albertinia en Mosselbaai was sowat 50% afgehandel en dit moes stopgesit word. Neerslae van sowat 70 mm by Mosselbaai en 40 mm by Albertinia is aangemeld. Dit is nie sulke swaar neerslae soos by George nie, maar dis steeds te veel om te kan voortgaan om te stroop.

Mnr. Lohan Fourie, voorsitter van die Calitzdorp-landbouvereniging, sê daar is plek-plek in die Gamkavallei 37 mm reën aangeteken, terwyl op ander plekke slegs 12 mm geval. Bokant die Calitzdorpdam is 10 mm reën gemeet.

“Dit het baie plek-plek gereën soos donderweer maar maak. ’n Klompie ouens het reën gehad. SA for Hope het gedurende die afgelope naweek kospakkies en voer kom afgee in De Bad, waar ek bly. Ons het nie ’n druppel reën gehad nie. Hier het geen noemenswaardige reën geval wat die droogtesituasie verander nie. Die manne is maar nog steeds waar ons was. Ons bly hoopvol dat die weer sal draai en van die reën wat daar by George val, na ons kant toe sal kom.”

Me. Margaux Nel, wynmaker by Boplaas, sê hulle het 27 mm reën gemeet. Sy sê hulle is dankbaar vir die reën, maar dat die kwessie nou is om die druiwe gesond te hou.

Weervoorspellings dui op nog reën in onder meer die Suid-Kaap vandeesweek. Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê weermodelle dui aan dat reën van Vrydag af kan hervat met neerslae van 20 mm of meer tot ná die naweek. Baie bewolkte toestande word vandeesweek en die naweek verwag, wat afdroging baie stadig gaan laat plaasvind.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.76
-1.1%
Rand - Pond
21.44
-1.3%
Rand - Euro
19.05
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.8%
Rand - Jen
0.14
-0.9%
Platinum
976.10
-1.1%
Palladium
1,648.90
-0.3%
Goud
1,877.76
+0.2%
Silwer
22.36
+0.9%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,968
+0.7%
Alle aandele
79,976
+0.6%
Hulpbronne 10
74,722
+0.2%
Industriële 25
103,851
+1.2%
Finansiële 15
16,339
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kliek.. Nog baie om te gee
Want eks n eerbare en betroubare netjies man, wat God dien en hou van buite lewe, kampeer veral visvang. Veral see vis. Goed versorgd en het n sin vir humor!. Glad nie lui nie....
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot