
Die weerdiens voorspel dat dit gedeeltelik bewolk en warm in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo sal wees.
Gedeeltelike bewolkte en warm tot baie warm toestande word vir Noordwes voorspel met geïsoleerde buie en donderbuie wat in die middag kan voorkom. Winderige toestande kan moontlik oor die weste van dié provinsie voorkom.
Gedeelte bewolkte, winderige en warm tot baie warm toestande met geïsoleerde buie en donderbuie word vir die Vrystaat en die Noord-Kaap voorspel. ’n Waarskuwing is uitgereik vir uiters warm toestande oor die sentrale dele van dié provinsie.
Die Wes-Kaap kan bewolkte en warm toestande verwag, buiten oor die westelike en suidwestelike dele waar dit koel sal wees met geïsoleerde buie gedurende die oggend. Die buie sal teen die middag na die suidweskus en aangrensende binneland versprei en teen laatmiddag opklaar.
Die westelike helfte van die Oos-Kaap sal bewolk en koel langs die kus en aangrensende binneland wees. Die oostelike helfte van dié provinsie sal plek-plek warm tot uiters warm en bewolk wees met verspreide buie en donderbuie gedurende die laatoggend.
In KwaZulu-Natal sal dit warm tot baie warm wees, maar in die ooste plek-plek uiters warm. Die weerdiens voorspel bewolkte toestande in die middag met verspreide buie en donderbuie oor die verre-suidweste, en in die noorde sal geïsoleerde buie en donderbuie voorkom.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.