Dít is die vraag wat boere by Kroonstad onder mekaar vra as hulle magteloos toekyk hoe hul lande oorstroom, hoe die riviere hul oewers oorstroom en plant vir sommige graanboere tans nie eens ’n opsie is nie.
“Al klaar die weer binne die volgende drie weke op, gaan dit ons steeds nie uit hierdie krisis kry nie,” vertel mnr. Boy Erasmus, ’n mielie-en-beesboer tussen Kroonstad en Bothaville.
Dit is net die begin van die reënseisoen en Erasmus het sedert begin Oktober reeds 407 mm reën gemeet.