AFGRI
BEAN
12 Aug
-
9080
34,00
CORN
12 Aug
-
4168
9,00
SOYA
12 Aug
-
8905
129,00
SUNS
12 Aug
-
10640
152,00
WEAT
12 Aug
-
7051
14,00
WMAZ
12 Aug
-
4369
51,00
YMAZ
12 Aug
-
4226,4
29,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Donderstorms oor dele van somerreënstreek moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Reën sak in Junie 2022 oor die distrik Graaff-Reinet in die Karoo uit. Foto: Fredalette Uys
Reën sak in Junie 2022 oor die distrik Graaff-Reinet in die Karoo uit. Foto: Fredalette Uys
Nadat reën en sneeu die naweek oor verskeie dele van Suid-Afrika geval het, voorspel die Suid-Afrikaanse Weerdiens vandeesweek nog reën vir die somer- en winterreënstreek.

’n Laagdrukstelsel wat suidwaarts oor Namibië beweeg, gaan na verwagting warmer, vogtige lug oor Suid-Afrika laat beweeg en tot Woensdag reën en donderstorms oor dele van die somerreënstreek veroorsaak.

Die stelsel gaan nie reën vir die winterreënstreek bring nie, maar ’n koue front wat die land later vandeesweek kan bereik, kan reën vir dele van die winterreënstreek bring.

Mnr. Puseletso Mofokeng, senior weervoorspeller van die weerdiens, sê daar is ’n 30%-kans op reën oor die oostelike dele van Mpumalanga en Limpopo vandag, terwyl daar ’n 30%-kans is op donderstorms oor die meer noordelike dele van die Noord-Kaap, by veral Prieska en Pofadder.

Reën en donderstorms kan Dinsdag plek-plek oor die westelike dele van Noordwes, die Vrystaat, die oostelike en noordelike dele van die Noord-Kaap, dele van KwaZulu-Natal en dele van die Oos-Kaap voorkom. “Toestande sal van Woensdag af begin opklaar, met ’n 30%-kans op reën en donderstorms plek-plek oor Noordwes, die Vrystaat en Gauteng,” aldus Mofokeng.

Winterreën

Wat neerslae oor die winterreënstreek betref, sê me. Samke Thwala, weervoorspeller in Kaapstad, ’n koue front wat die land na verwagting van Donderdag af gaan nader, kan Vrydag reën bring oor die suidwestelike dele van die winterreënstreek.

Tans word ’n 30%-kans op reën Vrydag voorspel vanaf die kus en die Kaapse metro tot by die Kaapse Wynlanddistrik, asook langs die Weskus. Die neerslae kan tot Saterdagoggend voortduur, met die stelsel wat na verwagting Saterdag meer oor die Suidkus en die Overbergdistrik gaan beweeg. Die kans op neerslae oor dié dele word ook op sowat 30% geskat.

Dit is nie tans duidelik of die stelsel dieper oor die winterreënstreek gaan inbeweeg nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Vinkel soek Koljander
Spontaan, positief, gelowig, buitelewe entoesias, passievol. Lief vir lag. Nou familie bande. Diereliefhebber Groenvingers Lojaal Avontuurlustig Braai en kuier Kreatief Kamp
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot