
’n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir donderstorms, swaar neerslae, groot haelkorrels en skadelike wind wat plek-plek tot vloede kan lei oor die suidweste van Limpopo, Mpumalanga se Hoëveld, die sentrale en oostelike dele van Noordwes en die noordooste van die Vrystaat.
Bewolkte en koel weer met wydverspreide buie en donderbuie word vir Gauteng voorspel.
Bewolkte en koel weer met enkele buie en donderbuie word vir Mpumalanga voorspel. Wydverspreide buie word in die weste van die provinsie verwag.
Gedeeltelik bewolkte tot bewolkte en koel tot warm weer met enkele buie en donderbuie word in Limpopo verwag. Verspreide tot wydverspreide buie word vir die suide van die provinsie voorspel.
Gedeeltelik bewolkte en koel tot warm weer met enkele tot verspreide buie en donderbuie word vir Noordwes en die Vrystaat voorspel.
Mooi weer word in die sentrale gedeeltes van die Noord-Kaap verwag. Gedeeltelik bewolkte en warm weer word vir die res van die provinsie voorspel. Enkele buie en donderbuie word in die noordooste van die provinsie verwag.
Mooi en koel tot warm weer word vir die Wes- en Oos-Kaap voorspel.
Dit sal bewolk en koel in KwaZulu-Natal wees met enkele buie en donderbuie.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.