AFGRI
BEAN
07 Jun
-
9656
0,00
CORN
07 Jun
-
4622
0,00
SOYA
07 Jun
-
7736
0,00
SUNS
07 Jun
-
8418
0,00
WEAT
07 Jun
-
6641
0,00
WMAZ
07 Jun
-
3698
0,00
YMAZ
07 Jun
-
3794
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Droogste week sedert November voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Ver bogemiddelde reënval het gedurende November en Desember oor dele van Suid-Afrika geval. Vandeesweek kan volgende voorspellings die droogste week in maande wees.

Reënval van meer as 300 mm is vir November en Desember 2022 in verskeie plekke in Suid-Afrika aangeteken, soos Pretoria, Johannesburg, Barberton, Mokopane, Potchefstroom, Greytown en Pietermaritzburg.

“Ver bogemiddelde reënval het ook voorgekom oor die winterreëngebied, die suidelike dele van die Noord-Kaap en die aangrensende dele van die Oos- en Wes-Kaap,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Plekke wat reën gekry het, is Stellenbosch (106 mm), Beaufort-Wes (162 mm), Sutherland (132 mm), Malmesbury (61 mm), Queenstown (183 mm) en Gqeberha (95 mm).

Droogste week

Intussen dui voorspellings aan dat die tydperk tot 15 Januarie die droogste week vir die land as geheel kan wees sedert begin November 2022.

Temperature tot hoër as 35 °C kan voorkom oor die Wes-Vrystaat, die westelike dele van Noordwes, die hele Noord-Kaap, die binneland van die Wes-Kaap en die westelike dele van die Oos-Kaap. Baie warm toestande met temperature van 30 °C en hoër kan ook voorkom vir die grootste deel van die res van Suid-Afrika, behalwe die kusgebiede en die oostelike Hoëveld.

Koeler en bewolkte toestande is moontlik vanaf ongeveer 18 Januarie tot die eerste week van Februarie. Reën kan voorkom oor die grootste deel van die land gedurende hierdie tydperk. Oor die algemeen gaan dit ligte neerslae wees oor die sentrale, suidelike tot westelike binneland, met swaarder reën oor die oostelike binneland, veral die suidelike dele van Mpumalanga, die hele KwaZulu-Natal asook die noordelike en noordoostelike dele van die Oos-Kaap. Dit lyk of neerslae van meer as 50 mm moontlik is oor die suidelike dele van KwaZulu-Natal, asook die grootste deel van die Oos-Kaap, veral die noordoostelike dele van dié provinsie.

Van den Berg sê met die verswakkende La Niña-stelsel kan reënvaltoestande redelik verswak vanaf die tweede deel van Februarie. Slegs enkele buie word verwag oor die sentrale tot westelike binneland met meer verspreide buie oor die oostelike dele in die laaste deel van Februarie en die eerste deel van Maart.

Die implikasie hiervan is dat droogtetoestande op veral grond wat nie oor ’n goeie waterhouvermoë beskik nie, gedurende Februarie en Maart kan voorkom. Dit kan ook veroorsaak dat veeboere wat wintervoer wil aanplant, dalk gaan sukkel indien daar te lank gewag word om te plant en die bogrond begin droog word. Sekondêre wortelontwikkeling kan ook swak wees en veroorsaak dat diere die plante uittrek.

Winterreëngebied

Baie min reën word op kort termyn oor die winterreënstreek verwag, buiten voorspellings van ligte reën van minder as 10 mm wat van 14 tot 20 Januarie oor die Suid-Kaap en die Rûens kan voorkom. Minder as 5 mm kan na verwagting rondom 20 Januarie oor die westelike dele van die winterreëngebied voorkom.

Hittegolftoestande met temperature hoër as 40 °C kan van 9 tot 18 Januarie, die laaste week van Januarie en die eerste week van Februarie oor die grootste deel van die winterreëngebied en aangrensende provinsies voorkom, met die uitsondering van die kusgebiede. Dit sal veral bloedig warm wees oor die Wynlanddistrik, die Sentraal- en Klein-Karoo en die binneland van die Weskus.

“Hierdie baie warm en droë toestande kan die waterverliese uit damme, asook waterverbruik deur gewasse en vir menslike gebruik baie verhoog. Die Clanwillamdam het reeds gedaal tot ongeveer 56%. Dié dam was in dieselfde tyd verlede jaar meer as 90% vol,” sê Van den Berg.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.26
-0.3%
Rand - Pond
23.89
-0.1%
Rand - Euro
20.57
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.86
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
1,036.48
+1.0%
Palladium
1,417.78
+0.8%
Goud
1,961.77
-0.1%
Silwer
23.52
-0.3%
Brent-ruolie
76.29
-0.6%
Top-40
71,632
0.0%
Alle aandele
76,840
0.0%
Hulpbronne 10
69,525
0.0%
Industriële 25
103,876
0.0%
Finansiële 15
15,144
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Life is exciting when you meet the right person
I am a down to earth person outgoing people's person love braai outdoors and also like to be at home watching movies and listening to music ek geniet my werk is n hard...
Just a small town girl, living in a lonely world
OK so let's jump this wagon and see where it's going. I absolutely love sport and am the happiest when I'm outside making myself tired. I'm in the gym 5 days...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot