AFGRI
BEAN
16 Me
-
9950
305,00
CORN
16 Me
-
4986,6
96,60
SOYA
16 Me
-
9230
147,00
SUNS
16 Me
-
10740
155,00
WEAT
16 Me
-
8400
255,00
WMAZ
16 Me
-
4775
151,00
YMAZ
16 Me
-
4912
142,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Droogte: NK-boere ‘baie bekommerd’ oor jaar wat voorlê

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Michelle van der Spuy
Ter illustrasie. Foto: Michelle van der Spuy
Boere in groot dele van die Noord-Kaap sal nog ’n jaar vir reën in die optimum groeiseisoen moet wag nadat groot dele die sesde opeenvolgende reënseisoen ondergemiddelde reënval ontvang het.

“Ons gaan ’n bitter moeilike jaar hê as ons nie regtig oorvloedige reën ontvang in die laaste deel van die herfs wat nog oor is nie,” sê mnr. Willem Symington, ondervoorsitter van Agri Noord-Kaap. “Ek is baie bekommerd oor die jaar wat voorlê.”

Die reserwes op die veld is skraps weens ondergemiddelde reën in die tradisionele reëntyd. Die groeityd is boonop byna verby, selfs al sou dit nou begin reën.

Boere se kuddes is tot op die basiese vlakke gesny. Sommige boere moes hul kuddes verminder tot vlakke waar hulle gaan sukkel om opgehoopte skuld te kan diens, sê Symington.

Volgens mnr. CP van der Merwe, voorsitter van Agri Fraserburg, wat ook betrokke is by hulpverlening, het dit wel oor dele gereën. Dit het egter min goeie gevolge gehad weens die swak toestand van die veld. Volgens hom is 80% van Fraserburg se distrik nog rampdroog. Gebiede wat goeie reën ontvang het, het probleme met plae soos sprinkane en ruspes gehad.

“Noord-Kaapse boere is lank reeds bekend met ’n tipe inperkingsituasie. Hulle weet hoe dit is om by die huis te sit met slegs ’n gedeelte van jou inkomste, terwyl jy steeds uitgawes soos salarisse, brandstof, dierevoer, skoolgeld, ens. moet betaal.”

Volhoubare hulp

Volgens Van der Merwe benodig boere meer volhoubare hulp wat gestruktureerd moet wees (soos om boere se bankbalanse te help balanseer).

“Ouens sal gehelp moet word, al moet ons die klippe in die Karoo verkoop om iets te doen om die boere se bankbalanse te help balanseer. Iets om kos op boere en hul werkers se tafels te sit op langer termyn.”

Volgens Symington word verskeie pogings aangewend om die situasie onder handelsbanke en die regering se aandag te bring.

“Gemeenskappe gaan tot niet, en dit is nie net hier en daar ’n individu nie. Ek weet nie wat die handelsbanke en regering gaan doen as boere op groot skaal hul werkers uit diens moet stel of nie meer hul verbande en skuld by banke kan diens nie.”

Hoewel ’n nasionale rampverklaring aan die begin van die jaar aangekondig is, sê Symington dat die regering se klem nou op die huidige Covid-19-pandemie val.

Volgens Van der Merwe is dié ramphulp nie as noodsaaklik geklassifiseer nie, maar tog is kleinboere dadelik deur die regering gehelp.

Hy is ook bekommerd oor plaaswerkers, veral dagloners wat nou geen vaste inkomste het nie. Hulle kan nie aansoek doen om werkloosheidsversekering nie en is nie deel van ’n boerdery waar hulle hulp kan kry nie.

Vorentoe

“Ons soek almal ’n antwoord oor wat ons moet doen en almal is in dieselfde bootjie,” sê Symington.

Hoewel party boere kan diversifiseer, is die moontlikhede gering, veral vir boere wat nie toegang het tot water of besproeiingsgrond nie.

“Dit is wat die krisis so verskriklik maak, want daar is nie ’n plan B of C nie. Ons het net ’n plan A en dit is om met skape te boer, aangesien die gebied homself daartoe leen met boere wat voor die droogte baie goed gedoen het.”

Hy sê dat die boere hulself weens eksterne faktore in ’n perfekte storm bevind met die wêreldekonomie wat swaar trek, wat lei tot swakker wol-, huid- en vleispryse. Dit plaas bykomende druk op boere se winsgewendheid.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.15
+0.1%
Rand - Pond
19.90
-0.7%
Rand - Euro
16.85
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.26
-0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,822.54
+0.6%
Silwer
21.60
+2.3%
Palladium
2,025.00
+4.0%
Platinum
946.50
+0.2%
Brent-ruolie
111.22
+3.4%
Top-40
62,496
+0.8%
Alle aandele
69,212
+0.8%
Hulpbronne 10
71,854
+1.5%
Industriële 25
77,093
+0.1%
Finansiële 15
15,933
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons smile saam
Ek is vriendelik, sageaard hou van humor in die lewe. die buitelewe my diere. Hou van motorfiets ry, braai visvang, sons ondergang en so bitjie gewaagd lewe. die lewe is soos n...
Ek kan braaibroodjies maak. En ek is n one liner sorry 😁
Ek Hou van die buite lewe, natuur en aksie. Love visvang en doen genoeg oefenig om pizza te eet. Love rooiwyn. Hou van grappe maak maar het ook n ernstige kant. Hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot