
Mnr. Albertus Vermeulen, wat 50 km uit Prieska op die Carnarvonpad boer, sê hy het van 11 Desember af 137,5 mm “goeie, sagte re?n” gekry. “Ons is dankbaar, dit was maar moeilike tye van 2014 af.”
Hy is voorsitter van die landbouvereniging Doornfontein, waarvan 80% van die boerelede “maar weer arm is” en miljoene rande sal moet bestee om skape te koop.
Noudat dit gere?n het, sien hulle hoe groot die skade aan die bossieveld en boesmangras is. “Die meeste van die veld is opslag en eenjarige grasse.”
Vermeulen sê hulle sal hul drakrag moet halveer. “Ons sal vir ’n paar jaar 12 hektaar vir ’n Dorperooi moet gee, nie meer net ses nie, en kyk of ons die boesmangras weer aan die gang kan kry. Die droogte is nie verby nie, dit gaan ’n lang nagevolg hê. Ons moet die veld bestuur.”
Vermeulen het waargeneem dat minder van die bossieveld op die kalkbulte dood is, as dié op die rooi grond.
Hoewel hele distrikte nie algemene re?n kry nie, lyk dit vir Vermeulen of die donderstorms darem “groter en beter, wyer en langer” word. “Die ding het verander, ons gaan ’n beter jaar hê.”
Carnarvon
Mnr. Sybrand Venter van die plaas Trywell by Carnarvon sê hoewel daar in sy omgewing boere is wat nog feitlik niks re?n gekry het, sal ander boere deur die winter kan kom met die re?n wat hulle in die somer gekry het.
Omdat hulle nog nie regtig genoeg re?n gekry het nie, sal die veld ná die winter, as dit warmer word, weer begin swaar trek. “Hier is oral grassies en opslagveld, maar die bossies is baie traag. Ons kort nog reën. Gelukkig is ons nog in die re?ntyd.”