AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Eerste 10 dae van Februarie kan reën, hitte bring

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Reën word in die eerste 10 dae van Februarie oor veral die sentrale en oostelike dele van die somerreënstreek voorspel, terwyl baie warm toestande oor die Wes-Kaap verwag word.

Die tropiese storm Cheneso, wat deels verantwoordelik was vir droër toestande oor dele van die somerreënstreek die afgelope weke, is besig om vinnig weg te beweeg. Vog begin nou weer suidooswaarts oor Botswana beweeg wat die kans op reën oor die sentrale en oostelike dele van Suid-Afrika in die eerste 10 dae van Februarie verbeter.

 “Meer as 60 mm is moontlik oor die noordoostelike dele van Noordwes, die hele Gauteng, die suidelike dele van Limpopo en aangrensende dele van Mpumalanga, die noordoostelike dele van die Vrystaat en westelike dele van KwaZulu-Natal in die eerste week van Februarie,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Van 20 mm tot 40 mm kan voorkom oor die res van die Vrystaat, die res van Noordwes en die noordoostelike dele van die Oos-Kaap.”

Slegs ligte neerslae van minder as 20 mm word vir die res van Suid-Afrika verwag, met byna geen reën oor die suidelike en westelike dele van die Noord-Kaap nie.

Die ander groot voordeel van die verwagte reënval in die volgende week tot tien dae is dat temperature heelwat laer gaan wees oor die sentrale tot oostelike dele.

“Oor die dele van die Noord-Kaap waar min reën verwag word, gaan dit egter warm bly. Temperature van tot 40 °C of hoër kan vir ten minste die volgende twee weke tot middel Februarie oor van dié dele voorkom, veral van 3 tot 10 Februarie.”

Winterreëngebied

Van den Berg sê die verbeterde toestande oor die somerreëngebied dra ook by tot vog vanuit die Indiese Oseaan wat ligte neerslae kan veroorsaak oor die winterreëngebied. Van 11 tot 16 Februarie is neerslae van 5 mm tot 15 mm moontlik oor bykans die hele winterreëngebied, die suidelike dele van die Noord-Kaap en die suidwestelike dele van die Oos-Kaap.

Wat temperature betref, gaan dit baie hoog wees vanaf 3 tot 10 Februarie oor die grootste deel van die Wes-Kaapse binneland. Temperature van tot 40 °C of hoër is moontlik op plekke soos die Paarl, Worcester en De Doorns.

Baie droë Januarie

Baie droë toestande het die afgelope maand tot ses weke oor groot dele van die somerreëngebied voorgekom, met byvoorbeeld dele by Bothaville wat slegs 8,2 mm reën van 1 tot 29 Januarie gemeet het. By Hoopstad is in dié tydperk 7,6 mm gemeet, 28 mm by Coligny, 30 mm by Davel, 31 mm by Bethal, 36 mm by Standerton, 38 mm by Vrede, 45 mm by Senekal, 46 mm by Leeudoringstad en 51 mm by Delmas.

Temperature was ook baie hoog, met temperature wat gereeld bokant 35 °C was gedurende Januarie. By Greytown is 37,4 °C op 28 Januarie gemeet, by Bultfontein 37,1 °C op 29 Januarie, by Marble Hall 36,4 °C op 28 Januarie, by Letsitele 42,6 °C op 28 Januarie en by Augrabies in die Noord-Kaap 42,9 °C op 15 Januarie.

“Wat die hitte vererger het, was dat daar lang tydperke met baie warm dae was soos by Augrabies waar temperature naby of bokant 40 °C was vanaf 9 tot 20 Januarie. So het Groblersdal ook temperature van naby of bokant 33 °C ervaar vanaf 10 tot 29 Januarie.” Van den Berg sê verdampingsverliese van 5 mm tot 8 mm per dag het gedurende hierdie baie warm tydperke voorgekom, wat beteken dat van 35 mm tot 56 mm water per week aan die grond onttrek is. “Indien gewasse reeds in ’n gevorderde stadium was en die hele landery bedek soos met besproeiing die geval is, kan die ontrekking selfs van 42 mm tot 67 mm per week wees.”

Een van die bydraende faktore tot die hitte en droë toestande was die teenwoordigheid van Cheneso, wat veroorsaak het dat dalende lug oor die binneland van Suid-Afrika ongunstig was vir reën, terwyl dit baie hoë temperature veroorsaak het.

Tropiese siklone en tropiese storms

Sterk laagdrukstelsels ontstaan oor veral die oseane waar see-oppervlaktemperature bokant ongeveer 26 °C is. In teenstelling met die aarde wat snags afkoel, word hitte-energie in die oseane relatief konstant gehou as gevolg van die unieke hitte-opbergingsvermoë van water. Met genoeg hitte-energie om opwaartse beweging van lug te stimuleer, vorm dit sterk laagdrukstelsels en baie reën rondom die oog of kern van die sikloon of storm met droër toestande verder weg.

Van den Berg verduidelik dat die sikloonseisoen van ongeveer Desember tot begin April strek in die Indiese Oseaan, en dat dit ’n hoogtepunt kan bereik in die laaste deel van Januarie tot middel Maart.

“Tans is die gebied noord van Durban warmer as 25 °C en teen die Mosambiekse kus byna 30 °C. Die grootste deel van die Indiese Oseaan, met ’n denkbeeldige lyn van ongeveer die suidelike kusgebied van Mosambiek tot teen die noordwestelike kusgebied van Australië is rondom 30 °C of warmer, wat die risiko vir verdere siklone verhoog in die volgende twee maande.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot