
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel gedeeltelik bewolkte en warm weer vir Gauteng met enkele buie en donderbuie vanmiddag.
Dit sal gedeeltelik bewolk en koel tot warm in Mpumalanga wees met verspreide buie en donderbuie. Slegs enkele buie word in die weste van die provinsie verwag.
Bewolkte weer word in die ooste van Limpopo verwag. Gedeeltelik bewolkte en warm weer met enkele buie en donderbuie word vir die res van die provinsie voorspel.
Die weerdiens voorspel gedeeltelik bewolkte en warm weer vir Noordwes met enkele buie en donderbuie vanmiddag.
Gedeeltelik bewolkte en koel tot warm weer word ook in die Vrystaat verwag. Enkele buie en donderbuie word in die provinsie se verre ooste verwag.
Mooi en koel tot warm weer word vir die Noord- en Wes-Kaap voorspel. In die Oos-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees.
Bewolkte en koel tot warm weer word vir KwaZulu-Natal voorspel. Enkele buie en donderbuie word verwag, behalwe in die noord waar verspreide buie verwag word.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.