
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel mooi en warm weer vir Gauteng, Mpumalanga en Limpopo.
In die Noordwes sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met enkele buie en donderbuie, buiten in die verre ooste van die provinsie.
Gedeeltelik bewolkte en warm weer word vir die Vrystaat voorspel met enkele buie en donderbuie, maar verspreid langs die Lesothogrens.
Die weerdiens voorspel gedeeltelik bewolkte en koel tot warm weer vir die Noord-Kaap. ’n Uiters hoë brandgevaar word oor die distriksmunisipaliteit Z.F. Mgcawu verwag.
Gedeeltelik bewolkte en koel tot warm weer word vir die Wes-Kaap voorspel. Enkele donderstorms word in die provinsie se verre noordooste en in die Suid-Kaap verwag.
In die Oos-Kaap word gedeeltelik bewolkte en warm weer verwag, wat vanmiddag bewolk met enkele tot verspreide buie en donderbuie in die noorde en verre ooste sal word.
Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide buie en donderbuie word in die verre suidweste van die provinsie verwag. Geïsoleerde buie word vir die noordooste van die provinsie voorspel.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.