AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Goeie kans op nog swaar reën, vloede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die La Niña-stelsel is een van die redes vir die voorkoms van swaar neerslae oor dele van Australië. Swaar neerslae kan ook in Suid-Afrika voorkom.

Die La Niña-stelsel wat tans weerstelsels oorheers, is nog in ’n sterk positiewe fase volgens die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI), hoewel dit bietjie verswak het. Die situasie is ’n groot dryfveer van die tweede fase van swaar reën en oorstromings wat in die komende weke oor die oostelike tot suidoostelike dele van Australië se kusgebiede verwag word.

Sterk ooreenkomste bestaan tussen die weerstelsels in Australië en Suider-Afrika omdat die twee wêrelddele op dieselfde breedtegraad lê.

Wat is die kans op verdere swaar reën en selfs vloede in die komende maande oor Suider-Afrika? “Soos tans die geval in die oostelike dele van Australië is, is daar ’n bogemiddelde kans op swaar reën as gevolg van die ontwikkeling van intense of afsnylaagdrukstelsels oor Suider-Afrika. Daar het selfs in die afgelope tyd swaar neerslae plek-plek voorgekom wat heelwat beter was as wat voorspellings aangedui het,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

“Dit is bekend dat La Niña-verskynsels in die verlede verantwoordelik was vir baie swaar reën in die somerreëngebied tot so laat as in Junie. Op 5 Junie 2011 het baie swaar reën oor die sentrale dele van die land uitgesak en redelik ernstige vloedtoestande veroorsaak.” Van den Berg verduidelik dat die La Niña-verskynsel tydens die 2010-’11--somerseisoen ook rondom Februarie droog was, en dan het hierdie stelsel ook redelik laat aangehou het tot omtrent in Mei, soos wat tans verwag word.

Stormagtige weer in die Wes-Kaap?

“Baie La Niña-verskynsels het in die verlede ook erge stormagtige weer in die Wes-Kaap veroorsaak,” sê Van den Berg. Gedurende die La Niña-verskynsel van die 1973-’74-seisoen was daar baie sterk winde en oorstromings in die Wes-Kaap vanaf einde Maart tot einde Augustus. Dieselfde het gebeur tydens die 1975’-76-seisoen se La Niña-verskynsel, toe die Bergrivier sy walle oorstroom en die Paarl en Wellington op 25 Junie 1976 die ergste vloed in 25 jaar beleef het.

Tydens die 1988-’89-La Niña-verskynsel het ’n wolkbreuk en swaar reën groot dele van die Kaapse Skiereiland getref en groot skade veroorsaak. “Ook interessant is dat die Oos-Kaap ook gedurende hierdie periodes waar La Niña aktief was, veral in die herfs en laatwinter sterk deurgeloop het. Daar is dus bewyse dat die teenwoordigheid van La Niña-verskynsels dikwels byna die hele Suid-Afrika kan beïnvloed met uitermatige weerstoestande.”

Die boodskap tans is dat weersomstandighede in die laatsomer en herfs moontlik baie meer onstuimig kan wees en boere moet bedag wees daarop. “Die kans op oorstromings plek-plek bly groot. In baie dele is die grond steeds versadig. Water kan baie vinnig afloop en vloedtoestande veroorsaak. Die vloede in Australië is ’n voorbeeld en bewys dat uitermatige weersomstandighede steeds baie vinnig kan voorkom.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.72
+0.7%
Rand - Pond
23.55
+0.5%
Rand - Euro
20.12
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.62
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Platinum
1,008.77
-0.1%
Palladium
1,322.69
-2.8%
Goud
1,960.83
-0.3%
Silwer
24.30
+0.1%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,602
-0.1%
Alle aandele
76,936
-0.1%
Hulpbronne 10
68,393
-1.2%
Industriële 25
102,984
-0.4%
Finansiële 15
15,877
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Pilgrim of Life
IMPORTANT: Please note that although my address is Malmesbury, I live & work, untill at least end 2023, in the Limpopo Province. I do visit Cape Town once per month on...
Kom ons kyk
Want ek is een awesome persoon. lol Die see is waar ek wil wees. Ek kan n geselsie hou en hou daarvan om social te wees met vriende en familie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot