AFGRI
BEAN
10 Aug
-
9003
0,00
CORN
10 Aug
-
3985
0,00
SOYA
10 Aug
-
8727
0,00
SUNS
10 Aug
-
10323
0,00
WEAT
10 Aug
-
7058
0,00
WMAZ
10 Aug
-
4178
0,00
YMAZ
10 Aug
-
4167
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Goeie reën in die tweede deel van November voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die stormagtige weer wat die afgelope naweek en gister oor dele van die somerreënstreek voorgekom het, is normaal vir hierdie tyd van die jaar, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Die stormagtige weer wat die afgelope naweek en gister oor dele van die somerreënstreek voorgekom het, is normaal vir hierdie tyd van die jaar, veral weens die oorgang van seisoene met die somer wat aanbreek, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Redelike swaar neerslae en plek-plek stormagtige toestande met sterk wind het oor dele van die Vrystaat, Gauteng, die suidelike dele van Mpumalanga, die oostelike dele van Noordwes en die grootste deel van die Oos-Kaap voorgekom.

Van den Berg sê op kort termyn word min reën oor die grootste deel van die somerreëngebied verwag, met die uitsondering van die Laeveld waar ligte reën van 9 tot 18 November moontlik is. Temperature van 30 °C en hoër is oor die sentrale dele van die land moontlik, met temperature van 35 °C en hoër van 10 tot 18 November oor die noordelike en noordwestelike dele van die land.

“Wat die res van die somerreëngebied betref, verbeter die toestande vir reën in die oostelike helfte van die land rofweg oos van die N1 vanaf die Vrystaat tot in Limpopo in die laaste deel van November. Dit lyk ook gunstig oor die grootste deel van die Oos-Kaap, wat insluit die baie droë Karoo vanaf Aberdeen tot Jansenville en Steylerville, vanaf die laaste ongeveer tien dae van November.”

Van den Berg sê volgens weermodelle kan opvolgreën in dié gebiede in die eerste deel van Desember voorkom.

En wat van die westelike dele?

“Ná die goeie neerslae van tot 70 mm oor dele van die droogtegeteisterde Noord- en Oos-Kaap in die laaste deel van Oktober lyk toestande vir opvolgreën redelik swak vir die res van November tot ten minste die eerste week van Desember.” Van den Berg sê baie opvolgreën is in die gebiede nodig om die droogte in die gebiede te breek.

“Sagte en deurdringende reën wat meer gereeld voorkom, is nodig vir saad om te ontkiem en swak plante om te kan herstel. Die stelling word gemaak dat ten minste 30 mm tot 50 mm byna een keer in elke twee weke moet voorkom vir ten minste drie agtereenvolgende periodes van twee weke voordat daar ’n draaipunt in die droogte gaan kom.”

Van den Berg sê verder is nog reën en tyd (en hiermee verwys hy na ’n paar seisoene) nodig vir herstel voordat klimaksplante weer in produksie sal wees.

Hy sê die huidige status van droogte in die gebiede waar reën wel geval het, kan geklassifiseer word as ’n “groen droogte” met pionierplante en onkruide wat groen vertoon, maar baie min vir produksie lewer. “Die groot skommeling in temperatuur veroorsaak ook dat plante se reaksie op reën nie na wens is nie, met dagtemperature wat gewissel het tussen 20 °C en byna 40 °C en minimum temperature wat gewissel het van onder 10 °C tot bokant 20 °C. Dus was die reën geensins genoeg om die droogte te breek nie.”

Winterreëngebied

Wat die winterreëngebied betref, dui weermoddelle tans op ligte reën oor die Suid-Kaap rondom 13 en 14, 22 en 23 asook 26 en 27 November. Minder reën kan voorkom oor die Suidwes-Kaap en Swartland met slegs ligte buie in die laaste paar dae van November.

Temperature oor die winterreëngebied gaan steeds baie wissel, met koue fronte wat steeds oor die gebied gaan beweeg en weerpatrone in komende weke gaan oorheers.

La Niña

Die La Niña-stelsel wat die somer na verwagting gaan oorheers, is steeds besig om te ontwikkeling en dit laat toestande baie gunstig lyk vir mid- tot laatsomerreënval oor die somerreëngebied. “Dit is tipies tydens La Niña-seisoene dat die reënseisoen later as normaal begin, hoewel daar dalk vanjaar ’n uitsondering was toe ver bogemiddelde reënval gedurende Oktober oor die westelike binneland voorgekom het,” aldus Van den Berg. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.59
-0.0%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,788.89
-0.3%
Silwer
20.39
-0.7%
Palladium
2,209.50
-0.6%
Platinum
929.69
-0.8%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot