AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

‘Groot risiko’ vir oorstromings in komende weke

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dié wolkformasie is in 2021 afgeneem op die plaas Skuinspaadjies in die distrik Petrus Steyn. Foto: Malinda Rautenbach
Dié wolkformasie is in 2021 afgeneem op die plaas Skuinspaadjies in die distrik Petrus Steyn. Foto: Malinda Rautenbach
Die sentrale en westelike dele van die Noord-Kaap kan tot Donderdag heelwat reën verwag, en baie reën word van Donderdag af oor die noordoostelike dele van die land voorspel.

Die sentrale en westelike dele van die Noord-Kaap kan tot Donderdag heelwat reën verwag, en baie reën word van Donderdag af oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika voorspel.

Die tropiese storm Ana se laaste oorblyfsels het die naweek swaar reën oor dele van Namibië veroorsaak met sowat 100 mm wat in die distrik Grootfontein geval het. “Die laagdrukstelsel is besig om suidwaarts oor die sentrale tot suidelike dele van Namibië te beweeg en behoort swaar reën te veroorsaak vanaf Maandagnag tot ongeveer Donderdag (3 Februarie) oor die sentrale tot westelike dele van die Noord-Kaap,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Baie swaar reën met die moontlikheid van oorstromings met meer as 50 mm reën kan tot ongeveer Vrydag (4 Februarie) oor die sentrale tot suidoostelike dele van Namibië voorkom.”

Wat die noordoostelike dele van Suid-Afrika betref, word baie min reën tot ongeveer Vrydag oor die noordoostelike dele verwag, aangesien ’n hoogdrukstelsel oor hierdie dele heers met tropiese vog en reën op die perimeter van die hoogdrukstelsel oor Zambië en dan weswaarts oor Namibië en suidwaarts na die westelike dele van Suid-Afrika.

Vanaf Vrydag tot Sondag (4 tot 6 Februarie) kan die stelsel ooswaarts beweeg en swaar reën veroorsaak oor die sentrale tot oostelike dele met moontlike vloedtoestande oor die noordelike dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en die suidelike dele van Limpopo.

Batsirai

Intussen het ’n volgende tropiese storm, Batsirai, oos van Madagaskar ontwikkel en weswaarts begin beweeg. Volgens weermodelle sal Batsirai Madagaskar rondom Saterdag tref, en teen volgende Maandag (7 Februarie) in die Mosambiekkanaal wees, waarna dit binne ’n dag of twee oor Mosambiek gaan beweeg. “In teenstelling met die matige tropiese storm Ana waar windsnelhede ’n maksimum van ongeveer 80 km/h bereik het, lyk dit of Batsirai windsnelhede van tot 180 km/h kan bereik, wat grens aan sikloonsterkte,” sê Van den Berg.

’n Wesenlike risiko bestaan dus vir grootskaalse vloede en stormagtige weerstoestande van ongeveer Saterdag (5 Februarie) oor die oostelike dele van die land. Van den Berg sê onsekerheid heers oor die pad wat Batsirai in die tweede week van Februarie gaan volg.

Daar is ten minste vier moontlike uitkomste:

  • Batsirai kan die pad van tropiese storm Ana volg, en oor Mosambiek tot in die suide van Zambië of selfs verder wes beweeg as ’n verswakte laagdrukstelsel;
  • Dit kan noordwaarts oor die noordelike dele van Mosambiek beweeg en daar disintegreer;
  • Derdens kan dit die normale patroon volg en verswak in die Mosambiekkanaal en dan suidooswaarts in die Indiese Oseaan weggebeweeg; en
  • Die laaste opsie is dat dit oor die suide van Mosambiek wes- of suidwaarts oor Suid-Afrika kan inbeweeg oor die oostelike of selfs noordelike dele van die land wat insluit KwaZulu-Natal, Mpumalanga, die oostelike dele van Limpopo en moontlik die noordoostelike dele van die Oos-Kaap. Dit kan grootskaalse ontwrigting veroorsaak oor hierdie dele.

Rede tot kommer

Van den Berg sê met die sterker as verwagte impak van die matige tropiese storm Ana in die afgelope twee weke is daar rede tot kommer oor Batsirai se effek oor die komende week of twee.

“Interessant is dat die Indiese Oseaan noord van Madagaskar gedurende die afgelope maand redelik verwarm het en die ontstaan van sterk tropiese laagdrukstelsels stimuleer. Daar was tot op hede min tropiese storms in hierdie seisoen, want histories kom daar 10 tot 25 storms in elke somerseisoen vanaf November tot Maart voor. Ana was dié seisoen se eerste storm.”

Die La Niña-stelsel waarvan die effek na verwagting nog tot ten minste April teenwoordig gaan wees, kan veroorsaak dat laagdrukstelsels en die normale effek en patroon van tropiese storms verander. Die storms ontwikkel gewoonlik sterk oor die sentrale tot westelike binneland vir die laatsomer en herfs.

“Die situasie veroorsaak ’n baie groot risiko vir verdere vloede en swaar reën in komende maande,” aldus Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.53
+0.3%
Rand - Euro
18.48
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot