
Water staan oral en loop ‘n dik stroom met die pad af op ‘n plaas by Noenieput in die Noord-Kaap nadat hulle vanoggend 106 mm reën gekry het.
Volgens me. Susan Bothma wat saam met haar seun Pieter op die plaas Lemoenkolk boer, is dit hul eerste groot reën van die somer.
“Die 106 mm het van 03:30 die oggend tot 08:30 geval. Ons het nog nooit so baie reën op een slag gehad nie.”
Die plaas het in Februarie 2019 ook ‘n vinnige 106 mm reën in twee sarsies gekry nadat die vorige drie jaar se reën ver onder die langtermyngemiddeld van 150 mm per jaar was. In 2018 het hulle net 55 mm reën gekry.
Bothma se man, Hannes, is verlede jaar in ‘n fratsongeluk met ‘n motorfiets op die plaas oorlede.